Lek­ker waar­de vir geld

Beeld - - Vrydag - – Car­la Le­wis

Kom ons wees eer­lik: Om uit te eet in van­dag se e­ko­no­mie­se kli­maat be­te­ken jy moet hier en daar ’n hele paar sen­te af­knyp. Boon­op soek jy ek­stra waar­de vir geld, en waar moont­lik ’n pa­sel­la­tjie of twee wat die uit­stap­pie die moei­te werd maak.

An­tho­ny Tou­rei­ro, ei­e­naar van Tou­rei­ro Hou­se of Pra­wns, wat al 40 jaar in die re­stau­rant- en gas­vry­heids­be­dryf werk, weet wat men­se wil hê:

’n Lek­ker kui­e­r­at­mos­feer. Tiek. Die re­stau­rant is ge­leë in ’n sub­tro­pie­se tuin wat uit­kyk op ’n vis­dam. Die rook­a­rea – ge­woon­lik word ro­kers soos uit­ge­wor­pe­nes in ’n glas­kas ge­druk – is hier ’n ruim, oop­plan­a­rea on­der die tak­ke van ’n 140 jaar oue ti­pu­a­na­boom. In die win­ter word daar kon­kas vir hit­te voor­sien.

Kom ons praat waar­de vir geld. An­tho­ny bied in die week spe­si­a­le aan­bie­din­ge van koop-een-kry­een-ver­niet. Maan­dae is dit ham­bur­gers, Dins­dae piz­za en pas­ta, Woens­dae soesji, en Don­der­dae eet kin­ders on­der 12 ver­niet.

Vry­dae en na­we­ke is daar ge­woon­lik ’n band wat op­tree.

“Par­ty­keer gaan die men­se som­mer aan die dans,” ver­tel An­tho­ny, “ver­al wan­neer ons A­fri­kaan­se musiek speel.”

Vir elke hoof­maal­tyd word ’n gra­tis voor­ge­reg in­ge­gooi: pe­ri­pe­ri­hoen­der­le­wers, be­dien met Por­tu­ge­se pão, stoom­warm uit die oond. Al die brood en fyn­ge­bak word in die re­stau­rant ge­bak.

Laas­tens glo An­tho­ny aan ge­hal­te. “Net die bes­te be­stand­de­le word ge­bruik.” En men­se be­taal nie deur hul ore daar­voor nie.

Ná die kom­pli­men­tê­re hoen­der­le­wers (geu­rig, met net ge­noeg byt) be­stel ek die vars oes­ters (R119 vir ses), die heel­pad van L­ü­de­ritz. Hul­le smaak soos die see, is vet en groot, nie soos daar­die a­no­rek­sie­se week­dier­tjies wat som­mi­ge re­stau­ran­te dees­dae aan jou ver­kwan­sel nie.

Daar­na is dit Tou­rei­ro se spe­si­a­li­teit, ’n bord gar­na­le (R189 vir ne­ge ko­nin­gin­groot­te gar­na­le), be­dien met aar­tap­pels in die Me­di­ter­reen­se styl. Ek is ’n pu­ris wan­neer dit by gar­na­le kom, ek soek dit oor die ko­le, met net ’n lek­sel­tjie knof­fel­bot­ter en pe­ri-pe­ri­sous.

Die gar­na­le is per­fek, hul­le val om­trent uit hul dop en die Mo­sam­biek­se pe­ri-pe­ri­sous be­vat net ge­noeg byt.

Tou­rei­ro is ook trots op sy vleis­dis­se. Hul spe­si­a­li­teit is ’n ri­boog­bief­stuk in Ar­gen­tyn­se styl (R169), be­dien met ’n chi­mi­chur­ri-sous, ’n soort Suid-A­me­ri­kaan­se groen krui­e­sous. Die vleis is murg­sag, geu­rig en word aan die been be­dien.

Vir men­se wat nie in P­re­to­ri­aNoord bly nie, is dit so bie­tjie van ’n uit­tog, maar dit is be­slis die moei­te werd om uit te ry.

Tou­rei­ro is ge­leë in Mon­ta­na Park, Ve­da­laan 978, P­re­to­ria. Bel 012 548 2716 vir be­spre­kings.

Dit is mos hoe ’n goeie ste­ak moet lyk, as­of ’n er­va­re vee­arts hom kan deur­trek.

Gar­na­le, per­fek vol­gens die Mo­sam­biek­se styl oor die ko­le ge­roos­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.