Doen­din­ge die na­week

Beeld - - Vrydag -

Die Rooy­kos­mark word weer Son­dag van 09:00 tot 15:00 in die Van Rooy­en­saal in Piet Bos­man­straat, Pot­chef­stroom, aan­ge­bied. Pro­duk­te soos eg­te Hol­land­se stroop­wa­fels, vul­len­de Hol­land­se kro­ket­te, Ma­lei­se lam­sker­rie, ge­vul­de pan­ne­koek, bees­stert met stamp­mie­lies, en a­ro­ma­tie­se kof­fie is op die spys­kaart. Daar is ook sand­kuns vir die kin­ders. Ver­der is daar kuns­vlyt­stal­le­tjies en ’n kuns­uit­stal­ling deur Mal­colm Co­wan. Tal­le wy­ne en bie­re is ook be­skik­baar. Toe­gang is gra­tis.

Bel Ta­nia by 079 918 2092 vir meer in­lig­ting of be­soek die Fa­ce­book­blad “Rooy Food Mar­ket”.

Kom stap Son­dag saam deur Mel­vil­le, se­ker­lik een van die in­te­res­sant­ste voor­ste­de van Jo­han­nes­burg, wat reeds in 1896 ont­staan het. Be­leef die haas on­ge­loof­li­ke ver­an­de­rin­ge wat in net meer as 100 jaar plaas­ge­vind het. Van die dae voor hoë mu­re, e­lek­trie­se hei­nings en in­ter­net­ka­fees, toe ’n wind­pomp en ’n rond­lo­per­koei in die erf nie on­ge­woon was nie, en toe os­se­wa­ens en per­de­kar­re nie ver­keers­pro­ble­me in 7de Straat ver­oor­saak het nie. Die toer kos R90 per per­soon, wat ver­ver­sings ná die tyd in­sluit. Ons ver­trek om 13:30. Vir meer be­son­der­he­de en om te be­spreek, bel Nel by 011 726 1448 of 083 373 0159.

Die kleur­vol­le Cin­de­rel­la­te­a­ter­pro­duk­sie word van­dag drie keer in die At­ter­bu­ry­te­a­ter in P­re­to­ria aan­ge­bied. Cin­de­rel­la is die klas­sie­ke ver­haal van ’n mei­sie wat beeld­skoon was, en net so mooi van bin­ne. Die prins het by die ko­nink­li­ke bal op haar ver­lief ge­raak en toe die hor­lo­sie om mid­der­nag slaan, het sy haar glas­skoen­tjie op die trap laat val. Dit was ál wat die prins ge­had het om haar mee op te spoor.

Dit word van­dag om 10:00, 15:00 en 20:00 op­ge­voer. Kaar­tjies kos R120.

S­tuur e­pos na book­ings@o­a­kyt.co.za of ska­kel 083 243 8877 om te be­spreek.

Jan­nie du Toit sing om 19:00 in die Pier­neef­te­a­ter Koos du P­les­sis se lied­jies in sy ge­wil­de mu­siek­pro­duk­sie Doep is nie dood nie. Du P­les­sis se on­sterf­li­ke lied­jies as­ook van sy ge­dig­te en selfs ’n kort­ver­haal vorm deel van dié op­tre­de wat se­dert 2014 die land vol toer. Su­san Mou­ton ver­ge­sel Du Toit op tjel­lo en Coen­raad Rall op kla­vier en trek­kla­vier. Kaar­tjies kos R110 tot R130.

Ska­kel 012 329 0709 of s­tuur e­pos na in­fo@pier­neef­te­a­ter.co.za om te be­spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.