Pomp die wie­le en t­rek jou tek­kies aan

Beeld - - Vrydag -

Daar is geen be­ter ma­nier om Vrou­e­maand af te sluit as met die TLC La­dies MTB & Trail Run-na­week wat van­jaar op 26 en 27 Au­gus­tus op die Heia Sa­fa­ri Ranch, wat bin­ne die Crad­le Moon-be­wa­rings­ge­bied ge­leë is, aan­ge­bied word nie. Hier­die by­een­koms is ’n ou be­ken­de op die ka­len­der en die or­ga­ni­seer­ders, Le­vera­ge Cor­po­ra­ti­on, gaan uit sy pad om al die e­vas be­hoor­lik te be­derf ter­wyl hul­le hul vrou­lik­heid in hul draf­skoe­ne en op hul berg­fiet­se kan vier.

Op 26 Au­gus­tus vind die veld­draf plaas en vroue kan kies tus­sen af­stan­de van 4 km (R95), 8 km (R165) en 16 km (R205). Die vol­gen­de dag kan hul­le op die berg­fiets­by­een­koms hul fiets­spe­ke laat sing. Daar is af­stan­de oor 4 km vir kin­ders (R95), 15 km (R200), 25 km (R220), 40 km (R240). Vir die dap­pe­res van gees is daar spe­si­a­le pak­ket­te as jy aan al­bei by­een­koms­te wil deel­neem.

Be­soek mtb-la­dies­day.co.za vir meer be­son­der­he­de en om in te skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.