Dank­baar vir elke ge­leent­heid

Fran­cois Coert­ze ge­sels oor sy rol in die rol­prent Van der Mer­we en ver­tel hoe ’n mo­tor­ka­ping die gang van sy le­we ver­an­der het. Deur Ma­ret­ta Bel­lin­gan.

Beeld - - Vrydag -

Toe ek Fran­cois kon­tak om re­ë­lings te tref vir die on­der­houd, s­tuur hy vir my ’n e-pos uit die Tank­wa waar hy be­sig is met die ver­fil­ming van ’n rol­prent. ’n Week la­ter ont­moet ons in ’n kof­fie­win­kel in S­tel­len­bosch en hy ge­sels met groot gees­drif oor die rol­prent waar­in hy sy eer­ste hoof­rol ver­tolk.

“George Coet­zee is ’n spook­jag­ter van be­roep wie se pad in ’n weg­breek­tyd op Sut­her­land met dié van ’n plaas­li­ke kroeg­vlieg kruis.

“Dié knaap prik­kel George se be­lang­stel­ling met ’n sto­rie oor Ta­fel­berg se spook­pad­da. Dié pad­da het ja­re ge­le­de reeds uit­ge­sterf, maar vol­gens die kroeg­vlieg word dit nog o­ral ge­sien.

“George glo nie reg­tig die ou nie, maar sy nuus­kie­rig­heid kry die oor­hand. Met sy soek­tog val hy en word wak­ker in ’n hut waar hy deur die mooi­ste vrou wat hy nog ge­sien het, ver­sorg word.

“Net jam­mer dat sy hel­din met vol­maan ’n skok­ken­de ge­daan­te­ver­wis­se­ling on­der­gaan.”

Die draai­boek van Die pelslo­per, wat deur Coert­ze as ’n ro­man­tie­se ril­ler be­skryf word, is ge­skryf deur Mar­tyn le Roux, wat ook die re­gis­seur van die rol­prent is wat teen ein­de vol­gen­de jaar uit­ge­reik word.

“My eer­ste hoof­rol, sjoe, dis am­per te goed om waar te wees. ’n Ou droom maar al­tyd daar­van, jy’s eg­ter nie se­ker of dit ooit gaan ge­beur nie,” sê die 38-ja­ri­ge ak­teur wat eint­lik maar vyf jaar ge­le­de die be­dryf be­tree het.

Van sport­ster tot ak­teur

“Wat kan ek sê, ek’s deel van die cli­ché – was nog al­tyd mal oor to­neel­spel, maar vir ’n lang tyd het sport voor­keur ge­kry,” ver­tel die oud-Dur­ba­niet wat in A­man­zim­to­ti ge­ma­tri­ku­leer het.

“Ná skool het ek selfs be­gin om dra­ma te stu­deer, maar toe kry ek ’n ge­leent­heid om rugby te speel en raak weer die spoor bys­ter.”

Sy rug­by­plan­ne het nie uit­ge­werk nie en toe vat hy pad En­ge­land toe, waar hy vier jaar ge­woon en ’n tyd lank vir die klub Sud­bu­ry ge­speel het. ’n Uit­no­di­ging deur die Val­ke­rug­by­u­nie lok hom toe te­rug huis toe, maar drie maan­de ná sy te­rug­koms word hy in ’n mo­tor­ka­ping deur al­bei sy arms ge­skiet.

En daar ein­dig sy rug­by­loop­baan fi­naal.

Die een goeie ding, be­aam hy, is dat hy la­ter met die mei­sie ge­trou het voor wie se woon­stel die ka­ping plaas­ge­vind het. Van­dag is hy en Kir­sty die ou­ers van drie dog­ters: Na­ta­lie (14), Kay­le­ah (2) en die se­we we­ke oue Lay­la.

“Ja, jong, ek is die e­nig­ste roos tus­sen die do­rings,” spot hy goe­dig, maar baie trots.

Fran­cois se ou­ers be­sit ’n che­mie­se kalk­ver­sprei­dings­on­der­ne­ming en hy werk reeds ’n aan­tal ja­re vir hul­le, dees­dae as tak­be­stuur­der van die Wes-Kaap, maar sy lief­de vir to­neel­spel het maar al­tyd by hom ge­spook.

“’n Paar jaar ge­le­de het ’n vriend my ge­vra om ’n ek­stra te wees op die S­pud-stel en daar het ek net weer be­sef dis iets wat ek wil ont­gin. So vyf jaar ge­le­de het ons Kaap toe ver­huis, juis met die doel om my loop­baan as ak­teur te pro­beer ves­tig.

En toe kom die fliek

“Dis nie mak­lik om in die be­dryf in te breek op my ou­der­dom nie, maar ek is dank­baar vir elke ge­leent­heid wat na my kant toe kom.”

Soos sy rol in die rol­prent Van der Mer­we, die eint­li­ke re­de hoe­kom ons van­dag ge­sels. Coert­ze ver­tolk die rol van Koos se buur­man, ’n wind­gat boer wat neer­sien op Van der Mer­we wat met al­le mag pro­beer keer dat sy dog­ter met ’n En­gels­man af­haak.

“Ek dink Rob van Vuur­en kwyt hom uit­ste­kend van sy taak. Daar is ver­skrik­li­ke snaak­se oom­blik­ke in die prent. Ons het groot pret ge­had met die ver­fil­ming – van ’n koei wat nie wil saam­speel nie tot ’n hond wat teen Koos se been moet pie­pie. Ons is deur om­trent se­we honde wat op­ge­lei is om dit te doen, maar vol­strek ge­wei­er het.

“Toe die ver­fil­ming klaar is, toe pie al die honde ge­lyk.”

Coert­ze het ook ’n klei­ne­ri­ge rol in die se­pie Suidooster ver­tolk en sy ver­sky­ning ge­maak in die BBC-reeks Call The Mid­wi­fe, as­ook in die A­me­ri­kaan­se reekse Black Sails en Ho­me­land. Hy het ook die rol van ’n krygs­ge­van­ge­ne in die rol­prent Mod­der en bloed ver­tolk.

“Na­tuur­lik sal ek graag meer ge­reeld wil werk, ’n ou moet net ge­dul­dig wees, maar dis moei­lik. My vrou terg my ge­reeld en sê ‘kry tog net vir jou acting werk, as­se­blief, jy maak my gek.’ Ek kan erg ge­frus­treerd raak.

“Ek en ’n paar ander ak­teurs het ’n te­a­ter­ge­sel­skap in die Paarl ge­stig, T­hat Wac Com­pa­ny, en ons bied ver­hoog­stuk­ke in die Paarl en S­tel­len­bosch aan.

“Dank va­der ek maak nie net staat op my in­kom­ste as ak­teur nie, maar dit be­te­ken nie ek sal dit nie bit­ter graag heel­tyds wil doen nie.”

Fran­cois is ook die hoof­af­rig­ter van die Wel­ling­ton-rug­by­klub en er­ken dat sy ge­sin oor na­we­ke twee­de vi­ool moet speel. “Maar ek en Na­ta­lie het ge­reeld pa-en-dog­ter-da­tes. Kay­le­ah weer is my row­we jack, sy hou haar pa jonk.”

Sy rol in Van der Mer­we is sy eer­ste ko­mie­se rol en Coert­ze sê hoe­wel hy meer ge­reeld die rol van ’n ram­pok­ker ver­tolk, be­skou hy hom as ’n veel­sy­di­ge ak­teur. “My i­de­aal is om my as ’n ak­teur te ves­tig wat werk van ge­hal­te le­wer. Ek wil men­se ver­maak. En dis nie goed­koop om vier vrou­men­se ge­luk­kig te hou nie!”

Fran­cois Coert­ze

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.