Genl. Bo­tha se mak­kers t­rek la­er

Beeld - - Vrydag - Ca­ri­na Laub­scher

Toe Piet Bo­tha, die blu­es­rock­ge­ne­raal van Jack Ham­mer, op 29 A­pril in Mar­ga­te van ’n ver­hoog af­ge­val het, was die on­mid­del­li­ke e­nor­me pyn in sy ge­breek­te rug­wer­wels.

Toe kom die twee­de groot pyn. Ná die o­pe­ra­sie sê sy dok­ter hy moet vir drie maan­de die pas mar­keer. Jack Ham­mer se op­tre­des en in­kom­ste is van die baan tot­dat hy weer, eers in Au­gus­tus, met sy ki­taar op ’n ver­hoog kan speel.

Fa­mi­lie en vrien­de, sy mu­siek­ka­me­ra­de, as­ook tal­le mu­si­kan­te wat vir 30 jaar saam met Bo­tha op­ge­tree het en deel was van Jack Ham­mer se 13 al­bums, het kop­pe en ki­ta­re by­me­kaar ge­sit en ’n fonds­in­sa­me­ling ge­re­ël.

Dit lei toe tot 250 men­se wat die aand van 18 Ju­lie die Cen­tu­ri­on-te­a­ter be­set, al 50 van die spe­si­a­le Ham­mer-T-hem­de koop, vir 16 mu­si­kan­te op die ver­hoog juig en vuis in die lug die Jack Ham­mer-li­rie­ke uit­bul­der.

Daar was on­der an­de­re die be­baar­de Art­hur en Ru­di Den­nis­t­wee­ling be­kend as Ak­ke­dis, die ewe be­baar­de Ko­bus de Kock jr. van die Black Cat Bo­nes, die ki­taar­plun­de­raar Ja­ke Gunn as Jack Ham­mer se ek­stra voor­ki­taar, die res van Jack Ham­mer, naam­lik Paul van de Waal op trom­me, Ter­ti­us du P­les­sis met die diks­naar en Johna­than Mar­tin op voor­ki­taar.

Ga­reth Wil­son het sy stem laat hoor, Le­on van Z­weel het sy sax­o­foon laat sing, S­te­an van der Walt het die luid­spre­kers laat práát, To­ni en La­nie van der Walt, G­reg Ge­or­gi­a­des en Hugo de Waal van die eer­tyd­se Not My Dog het mo­les ge­maak met hul ki­ta­re. In ’n sta­di­um het 12 ki­ta­re te­ge­lyk ’n vuur­warm e­lek­trie­se bran­der van die ver­hoog af laat spoel.

Piet word toe ge­bel via vi­deo (dit was ook sy 62ste ver­jaar­dag) en hy was skoon be­woë op die skerm toe al­mal “hap­py birt­hday de­ar Ham­mer” skree­sing. Hy’t net so met sy hand oor sy oë ge­vee en die vre­de­s­te­ken ge­gooi.

Hy is bly din­ge loop nou weer be­ter.

“Al­les ver­an­der da­de­lik. Dis as­of tyd nie meer so be­lang­rik is nie. My be­se­ring kon veel er­ger ge­wees het. En skie­lik is jy ’n in­va­li­de. Die bra­va­de ver­dwyn gou wan­neer jy van ander af­hank­lik is.

“En jy dink dalk kan jy nie weer soos voor­heen speel nie, die her­in­ne­rin­ge van 40 jaar se gigs . . . Het dit so gou ver­by­ge­gaan?”

Hy is am­per op die been en elke twee­de week is dit fi­si­o­te­ra­pie. Bin­ne­kort tree hy op (sit­tend) by ’n pri­va­te ge­leent­heid en sal tot De­sem­ber twee tot drie ver­to­nings ’n maand doen.

“Ons werk in­tus­sen aan nu­we goe­ters. Ons hoop om teen Ja­nu­a­rie weer ’n A­fri­kaan­se al­bum te doen,” sê Bo­tha.

’n Twee­de fonds­in­sa­me­ling word vir Sep­tem­ber of Ok­to­ber in die Kaap be­plan.

) Jack Ham­mer­fonds­in­sa­me­ling – 18 Ju­lie, Cen­tu­ri­on­te­a­ter

Piet Bo­tha op die groot­skerm waar hy die ge­hoor groet.

Fo­to’s: CA­RI­NA LAUB­SCHER

Ko­bus de Kock jr. en Ru­di Den­nis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.