‘Sko­le moet ap­pel­leer teen boe­lie’

O­god sê ou­ers druk vir op­tre­de

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Die ses sko­le wat vroe­ër van­jaar voor die hof ge­daag is weens hul godsdiensbeleid, moet ap­pel­leer teen die uit­spraak dat een ge­loof nie bo ’n ander ge­loof by sko­le be­vor­der mag word nie.

So sê P­hi­lip Ro­sent­hal, di­rek­teur van die Chris­ti­anView Net­work (CVN), “want an­ders gaan die Or­ga­ni­sa­sie vir Gods­diens­on­der­rig en De­mo­kra­sie (O­god) aan­hou om sko­le te boe­lie”.

Maar Hans Pie­ter­sen, voor­sit­ter van O­god, sê dis juis dié sko­le wat hul leer­lin­ge boe­lie as hul­le nie hul e­tos aan­neem nie.

Na­dat O­god ses sko­le voor die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg ge­daag het weens hul ge­loofs­prak­ty­ke, het die hof in Ju­nie be­vind dat dit ’n oor­tre­ding van die On­der­wys­wet is om “een ge­loof of hoof­saak­lik een ge­loof ten kos­te van ander te be­vor­der of die skool se per­so­neel toe te laat om dit te doen”.

O­god het toe Maan­dag brie­we, of­te­wel “ver­soe­ke om reg­stel­len­de ak­sie,” aan die skool­hoof­de van 14 sko­le ge­stuur om­dat dié hul­le glo aan on­reg­ma­ti­ge gods­diens­prak­ty­ke skul­dig maak.

Ro­sent­hal sê die or­ga­ni­sa­sie boe­lie die sko­le met dié brie­we wat “mis­lei­dend” is en die Grond­wet ver­keerd aan­haal.

“Die eer­ste deel (van die brief) haal glo die uit­spraak van Ju­nie aan, maar eint­lik is die mees­te daar­van die min­der­heid­sie­ning van een reg­ter in ’n vo­ri­ge uit­spraak (in 1996), wat gaan oor die han­del van drank op ’n Son­dag,” sê Ro­sent­hal.

Die uit­spraak in Ju­nie ver­wys wel na dié uit­spraak van 1996, maar die sko­le word mis­lei deur te dink dié ver­wy­sing is die jong­ste uit­spraak, sê Ro­sent­hal.

O­god haal vol­gens Ro­sent­hal ook die Grond­wet ver­keerd aan om by sy a­gen­da te pas. “O­god ver­wys na die Grond­wet, wat sê ons moet di­ver­si­teit vier, ter­wyl dit sê ‘een­heid in di­ver­si­teit’.

O­god dring ook daar­op aan dat die sko­le bin­ne 21 dae op die brief reageer.

“(O­god) het geen reg om dit te doen nie, ver­al om­dat daar steeds teen die uit­spraak (in Ju­nie) ge­ap­pel­leer kan word,” sê Ro­sent­hal.

Hy sê die lys van ge­loofs­prak­ty­ke wat O­god uit­een­ge­sit het, hoef voor­lo­pig nie ver­doem te word nie om­dat die ses sko­le wat voor die hof ge­daag is tot Au­gus­tus tyd het om teen die uit­spraak van Ju­nie te ap­pel­leer.

Die brief laat dit klink as­of al die in­ter­dik­te wat hul­le aan­ge­vra het aan O­god toe­ge­staan is, sê hy. Die uit­spraak, in­dien die sko­le nie daar­teen ap­pel­leer nie, sou gods­diens­ti­ge vry­heid be­perk, maar nie so­veel as wat hul­le eis nie.

“Óf O­god ver­staan nie die uit­spraak nie óf hy pro­beer die on­kun­dig­heid van ander uit­buit,” sê hy.

Ro­sent­hal sê die sko­le moe­nie hul­le oor­gee aan O­god se ver­soe­ke nie, “want al het hy ’n kraak in die dam­wal ver­oor­saak, het hy nog nie ge­wen nie”.

Pie­ter­sen sê hoe­wel hy in die “ver­soe­ke” uit die uit­spraak aan­ge­haal het, het dié 14 brie­we nie be­trek­king op die uit­spraak nie.

“Die uit­spraak gaan oor die skool­be­heer­lig­ga­me se be­lei­de. Ek val nie die be­lei­de aan nie, maar vra die skool­hoof­de, wat ver­ant­woord­baar aan die LUR vir on­der­wys is, om die S­ko­le­wet van 1996 te eer­bie­dig,” sê Pie­ter­sen.

“Die skool­hoof­de rap­por­teer nie aan die skool­be­heer­lig­ga­me nie.”

Hy sê hy het op die hof­uit­spraak ge­steun om­dat dit na die S­ko­le­wet ver­wys. Dat hy ’n vroe­ë­re uit­spraak in die brie­we aan­haal, is vol­gens Pie­ter­sen nie mis­lei­dend nie.

“Die uit­spraak ver­dui­de­lik die ag­ter­grond van ver­skeie ander uit­spra­ke wat die hof ge­lei het om uit te kom by ’n be­slis­sing van twee of drie sin­ne.”

Pie­ter­sen sê tal­le ou­ers en leer­lin­ge druk hom om teen die sko­le se ge­loofs­prak­ty­ke op te tree. “Die ou­ers is on­ge­dul­dig.

“Die sko­le sê dat hul­le ’n en­kel­ge­loof-e­tos het, maar ander ge­lo­we ak­kom­mo­deer, maar hul­le lieg! Die kin­ders ver­tel van hoe hul­le ge­boe­lie word as hul­le nie die e­tos aan­neem nie.”

Hans Pie­ter­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.