Pas­op vir vals kaar­tjies vir rugby

Beeld - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en en Al­za­ne Nar­rain

Die po­li­sie on­der­soek klag­te van be­drog na­dat dit aan die lig ge­kom het dat rug­by­kaart­jies vir die toets tus­sen die S­pring­bok­ke en die Wal­la­bies in Bloem­fon­tein on­wet­tig op min­stens twee web­wer­we ver­koop word.

Die kans is groot dat van dié kaar­tjies ver­vals kan wees en dat rug­by­gees­drif­ti­ges wat dié kaar­tjies koop, op 30 Sep­tem­ber dro­ë­bek voor die hek­ke van die Toyo­ta-rug­by­sta­di­on sal moet om­draai.

Piet de Nec­ker, be­dryfs­be­stuur­der van die C­hee­tah­maat­skap­py, sê ban­ke is ge­vra om hul kli­ën­te te waar­sku om ver­sig­tig te wees as hul­le toets­kaart­jies met in­ter­net­be­ta­lings op dié web­wer­we koop.

Hul­le het van die be­drog te we­te ge­kom toe ’n dok­ter uit die Kaap na­vraag ge­doen het om­dat sy naam nie op sy toets­kaart­jie ge­druk is nie. ’n Soort­ge­ly­ke na­vraag het uit Jo­han­nes­burg ge­kom.

Die prys van kaar­tjies op die web­wer­we is heel­wat ho­ër as die werk­li­ke prys en op die web­wer­we word ge­sê net en­ke­le kaar­tjies is nog be­skik­baar. Die­self­de skelm­stre­ke het on­langs met die rug­by­toet­se in P­re­to­ria en Dur­ban teen die Fran­se voor­ge­kom.

De Nec­ker sê die e­nig­ste web­werf wat wet­tig kaar­tjies mag ver­koop, is dié van die Vry­staat­se Rug­by­u­nie (www.fschee­tahs.co.za).

Hy be­veel aan dat men­se wat deur ander web­wer­we kaar­tjies vir die toets ge­koop het, klag­te by die po­li­sie in­dien.

Men­se wat twy­fel oor hul kaar­tjies, kan na­vraag doen by die sta­di­on se kaart­jie­kan­toor by 051 407 1701/25.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.