Kaap­stad hof toe oor groen­krag

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

Die Kaap­stad­se stads­raad het die mi­nis­ter van e­ner­gie gis­ter hof toe ge­vat so­dat die na­si­o­na­le be­leid dat mu­ni­si­pa­li­tei­te nie reg­streeks krag by wind­pla­se en ander o­n­af­hank­li­ke voor­sie­ners mag koop nie, her­sien kan word.

Ti­na Joe­mat-Pet­ters­son, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van e­ner­gie, het wet­ge­wing oor die re­gu­le­ring van e­ner­gie ge­bruik om te be­paal dat net E­s­kom of ’n en­ti­teit wat deur die mi­nis­ter goed­ge­keur word, krag reg­streeks van o­n­af­hank­li­ke krag­voor­sie­ners mag koop.

Pa­tri­cia de Lil­le, bur­ge­mees­ter van Kaap­stad, het op die maan­de­lik­se raads­ver­ga­de­ring ge­sê die Kaap­stad­se stads­raad het ’n aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in­ge­dien teen die mi­nis­ter van e­ner­gie en die Na­si­o­na­le E­ner­gie­re­gu­leer­der (Ner­sa).

De Lil­le sê die na­si­o­na­le re­ge­ring keer mu­ni­si­pa­li­tei­te om her­nu­ba­re krag reg­streeks van krag­voor­sie­ners te koop.

Die Kaap­stad­se stads­raad be­twis die stap waar­in ’n mi­nis­te­ri­ë­le vas­stel­ling no­dig is voor­dat ’n o­n­af­hank­li­ke krag­voor­sie­ner krag aan ’n mu­ni­si­pa­li­teit mag ver­koop.

Art. 34 van die Wet op die Re­gu­le­ring van E­lek­tri­si­teit (Wet 4 van 2006) han­del on­der meer oor dié mag wat die mi­nis­ter van e­ner­gie het.

Die Kaap­stad­se stads­raad voer aan dat in­dien so ’n mi­nis­te­ri­ë­le vas­stel­ling no­dig is, daar ge­vra sal word dat art. 34 on­grond­wet­lik ver­klaar word.

“Ons is oor­tuig daar­van dat ons aan­soek sal slaag, wat die weg sal baan vir ander mu­ni­si­pa­li­tei­te om die­self­de te doen,” sê De Lil­le.

Die mi­nis­ter van e­ner­gie het ’n on­lang­se aan­soek van die Kaap­stad­se stads­raad om krag van o­n­af­hank­li­ke krag­voor­sie­ners te koop, te­rug­ge­hou en sê al­le nu­we mi­nis­te­ri­ë­le vas­stel­lings is op die lan­ge baan ge­skuif.

Vir dié stads­raad (en ander mu­ni­si­pa­li­tei­te) be­te­ken dit dat tei­kens om her­nu­ba­re krag te ge­bruik, nie ge­haal kan word nie.

In Kaap­stad is die doel­wit dat min­stens 20% van sy ver­bruik teen 2020 her­nu­ba­re krag sal wees.

Be­ne­wens sy doel­wit om om­ge­wings­vrien­de­li­ker te wees, wil Kaap­stad min­der af­hank­lik van E­s­kom-krag wees en min­der uit­ge­le­wer wees aan E­s­kom se prys­ver­ho­gings wat aan ver­brui­kers op­ge­dwing word.

Die mees­te E­s­kom-e­lek­tri­si­teit word op­ge­wek deur die ge­bruik van steen­kool, wat tot kli­maats­ver­an­de­ring by­dra, sê De Lil­le. En die hui­di­ge te­kort aan wa­ter is ’n be­wys dat kli­maats­ver­an­de­ring ’n werk­lik­heid is, sê sy.

Die Kaap­stad­se stads­raad wil die reg hê om krag reg­streeks van o­n­af­hank­li­ke krag­voor­sie­ners te koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.