Ge­ba­re­taal dalk gou 12de amp­te­li­ke taal

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Ge­ba­re­taal in Suid-A­fri­ka is ’n tree na­der daar­aan om tot die 12de amp­te­li­ke taal ver­klaar te word.

Dít volg op die par­le­men­tê­re grond­wet­li­ke her­sie­nings­ko­mi­tee se aan­be­ve­ling dat amp­te­li­ke sta­tus aan Suid-A­fri­kaan­se Ge­ba­re­taal ver­leen moet word.

Die Pan-Suid-A­fri­kaan­se Taal­raad (Pan­sat) ver­wel­kom dié “po­si­tie­we stap” in ’n ver­kla­ring.

Lui­dens die ver­kla­ring be­veel die ko­mi­tee aan dat die parlement die Grond­wet wy­sig om Ge­ba­re­taal as ’n amp­te­li­ke taal in te sluit.

Die land het tans 11 amp­te­li­ke ta­le.

Dié stap kom kort voor be­wust­heids­maand vir doof­heid in Sep­tem­ber.

Dr. Rak­we­na Mo­na­reng, uit­voe­ren­de hoof van Pan­sat, ver­wel­kom die stap en glo dit sal veel­ta­lig­heid in die land be­vor­der.

“Pan­sat is van me­ning dat Ge­ba­re­taal soos e­ni­ge ander amp­te­li­ke taal ’n fun­da­men­te­le reg is wat ge­lyk han­teer moet word. Ons het ’n lang tyd ver­geefs ver­skeie kri­tie­ke ver­soe­ke tot die re­ge­ring ge­rig om Ge­ba­re­taal te pri­o­ri­ti­seer soos e­ni­ge ander for­me­le taal.”

Die or­ga­ni­sa­sie glo dat Ge­ba­re­taal ver­ge­le­ke met die ander ta­le ge­min­ag word en op die ag­ter­grond ge­skuif is.

Pan­sat glo deur Ge­ba­re­taal van skool­vlak af te on­der­rig sal dit ge­re­gu­leer word en fou­tie­we Ge­ba­re­taal deur tol­ke, soos op Nel­son Man­de­la se rou­diens in 2013, sal be­perk word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.