A­part­heid is in die al­le­daag­se

Beeld - - Kommentaar - Lin­die Koorts

Ek is on­langs ge­tref deur Ena Jan­sen se ver­tel­ling van haar en haar twee­ling­sus­ter se her­ont­moe­ting met an­tie Mei­sie, die vrou wat hul­le ja­re ge­le­de op­ge­pas het.

Jan­sen is die skry­wer van die be­kroon­de boek Soos Fa­mi­lie, wat han­del oor die uit­beel­ding van ste­de­li­ke huis­wer­kers in die Suid-A­fri­kaan­se let­ter­kun­de. Deur huis­wer­kers se beel­de in boe­ke te gaan na­speur het sy ’n brok­kie van ons ge­skie­de­nis ont­sluit wat nie an­der­sins so mak­lik na­ge­spoor kan word nie.

Huis­wer­kers en ge­wo­ne huis­ge­sin­ne laat nie som­mer ar­gief­ver­sa­me­lings vir toe­koms­ti­ge his­to­ri­ci na nie – dit is meest­al be­ken­des en ver­na­mes wie se do­ku­men­te be­waar word.

Die tref­krag van haar werk lê eg­ter nie net in die feit dat sy ’n stem gee aan ’n stil­le teen­woor­dig­heid in ons hui­se nie. Dit lê ook in die feit dat sy ’n die­pe snaar aan­raak, want so­veel van ons se kin­der­her­in­ne­rin­ge sluit ’n an­tie Mei­sie in. Daar­die her­in­ne­rin­ge gaan van­dag ge­paard met die her­ont­dek­king van ’n ge­deel­de verlede waar­voor som­mi­ge van ons eens blind was.

Jan­sen skryf hoe sy en haar sus­ter saam met an­tie Mei­sie, dié se dog­ter en ’n fa­mi­lie­lid haar ou­pa se huis in Dar­ling gaan op­soek het: “Sy en Lin­da en An­na wys en ver­tel, ons vra uit en luis­ter. Daar is geen uit­ge­spro­ke bit­ter­heid nie, net dood­nug­ter kon­sta­te­rings van hoe din­ge was en hoe dit ver­an­der het. Maar dit móét op hier­die dag, hoe heer­lik en van groot blyd­skap dit ook is, pyn­lik wees om so aan die vroeë 1950’s her­in­ner te word, aan wat daar­na nog al­les sou ge­beur.”

Dit is nie net die her­in­ne­ring van leed wat pyn­lik is nie. Vir ve­le van ons is daar ook die be­sef dat ons daag­lik­se le­we en ons in­tie­me ruim­te in­der­waar­heid met a­part­heid ver­stren­gel was.

Ge­skie­de­nis­boe­ke leer ons van die a­part­heids­wet­te wat se­dert 1948 in­ge­stel is – en die dis­kri­mi­ne­ren­de wet­ge­wing wat dit voor­af­ge­gaan het, so ver te­rug as die VOC aan die Kaap.

Ons word ge­leer van ge­weld­ple­ging, die wre­de on­der­druk­king van op­stan­de en die oor­log op die grens – al­les won­de wat deur die Waar­heid-en-Ver­soe­nings­kom­mis­sie ont­bloot is.

Daar­die as­so­si­a­sies, met kru wet­ge­wing en ge­weld, het vir ve­le die som­to­taal van a­part­heid ge­word. Vir baie wit Suid-A­fri­ka­ners was dit ver ver­wy­der van hul daag­lik­se le­we.

Jan­sen se her­ont­moe­ting laat ons be­sef dit wás nie so ver van ons ver­wy­der nie. A­part­heid het in ons hui­se ge­leef en ons om­gang met me­kaar ge­vorm.

As ons a­part­heid in ’n blo­te skei­ding van die ras­se gaan soek, sal ons dit nie daar vind nie. A­part­heid­stads­be­plan­ners en “slegs blan­kes”-ken­nis­ge­wings kon nie ver­hoed dat ons le­we met me­kaar ver­weef was nie. Die a­ka­de­mi­kus prof. N­ja­bu­lo N­de­be­le ver­wys na die “nood­lot­ti­ge in­ti­mi­teit” tus­sen wit en swart in Suid-A­fri­ka.

Dít is die sy van a­part­heid waar­voor ons tot dus­ver blind was. Die wet­te en die ge­weld was ’n veel klei­ner kom­po­nent as die al­le­daag­se uit­leef van a­part­heid. Dit was op­ge­sluit in ’n dui­send klein din­ge­tjies waar­op ons nie eens nood­wen­dig sou let nie.

Die ge­skie­de­nis is nie be­perk tot groot fi­gu­re en groot ge­beur­te­nis­se nie. Dit leef in die al­le­daag­se en ons elk­een se be­le­we­nis daar­van.

Wan­neer ons so daar­na kyk, be­sef ons hoe die ge­skie­de­nis op elk­een van ons sy stem­pel af­ge­druk het, of ons daar­van be­wus was of nie. Dit maak dus ook van a­part­heid ’n verlede waar­aan ons elk­een deel het.

Die vraag wat ons dus moet stel, is dit: Wat het daar­die verlede aan elk­een van ons ge­doen, en hoe gaan ons daar­mee om?

) Koorts is ’n his­to­ri­kus aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.