ASA tas ho­pe­lik nie weer só mis

Beeld - - Kommentaar - Ri­gard S­teen­kamp

Dit gaan be­slis baie be­ter met Suid-A­fri­kaan­se at­le­tiek. Die groot vraag is tel­kens wat­ter rol At­le­tiek SuidA­fri­ka (ASA) speel om at­le­te te help.

Ek ver­wys na die be­rig “SA at­le­te kap ASA” – die nu­we lei­ers­korps van ASA het ver­war­ren­de bood­skap­pe uit­ge­stuur.

Eer­stens wys dit die at­le­tiek­lig­gaam se on­be­kwaam­heid om ná ses maan­de se at­le­tiek ’n be­hoor­li­ke en reg­ver­di­ge span vir die Wê­reld­kam­pi­oen­skaps­reeks in Lon­den te kon kies.

T­wee­dens het ASA dit laat blyk dat hy meer re­des ge­soek het om at­le­te nié te kies nie.

In die pro­ses was daar aan­vank­lik net vier vrou­e­at­le­te in die span. Ná ve­le klag­tes en cha­os op so­si­a­le me­dia het Way­de van Nie­kerk, A­ka­ni Sim­bi­ne, Su­net­te Vil­joen en LJ van Zyl, as­ook ander sport­lui soos Paul T­reu, hul stem dik ge­maak.

In die pro­ses is at­le­te wat in die span was nou uit­ge­laat en is daar nou meer vrou­e­at­le­te in die span. Baie ge­luk aan Jus­ti­ne Palf­ra­man, Ge­na Lof­strand en A­ri­a­ne Nel.

Ver­plaas jou in die at­le­te se toe­stand – soos Van Nie­kerk sê: Die at­le­te werk te hard om die ver­wer­ping te moet ver­duur. Dit het ook ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op die le­de wat aan­vank­lik in die span was, maar nou uit is.

Op die vo­ri­ge S­ta­te­bond­spe­le was daar net twee vrou­e­at­le­te in die span. Op die vol­gen­de S­ta­te­bond­spe­le in Aus­tra­lië (A­pril 2018) kan ’n mens net hoop dat ASA nie weer so sal mis­tas nie.

Fo­to: GET­TY

Way­de van Nie­kerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.