Hou A­fri­kaans in volks­lied, sê Max

Beeld - - Kommentaar - Max du P­reez

Beeld se re­dak­teur, Bar­nard Beuk­man, vat kort­pad in sy stuk oor die ATKV en die FAK.

Sy skuins­klap na my – ek meen kwan­suis “die A­fri­kaan­se deel van die volks­lied moet ge­skrap word” – is ’n grow­we wan­voor­stel­ling. My voor­stel ra­ken­de Suid-A­fri­ka se volks­lied was nog al­tyd dat die de­le uit “Die Stem” (A­fri­kaans en En­gels) in “N­ko­si Si­ke­lel i’A­fri­ka” ge­skrap en deur ’n nu­we A­fri­kaan­se vers op die­self­de me­lo­die as die res van die na­si­o­na­le lied ver­vang moet word. Dit sou er­ken­ning aan A­fri­kaans en haar pra­ters gee, maar nie­mand sou dit wil boi­kot of nie sing nie om­dat dit van die po­li­tie­ke kon­no­ta­sie met die volks­lied van die a­part­heids­ja­re ge­sloop is.

Dit is da­rem iets gans an­ders as om te sê ek wil die A­fri­kaan­se deel van die volks­lied ge­skrap sien.

Het jy my mis­ver­staan of is jy moeds­wil­lig, Bar­nard?

– Max, daar was geen skuins­klap of moeds­wil­lig­heid nie, bloot ’n waar­ne­ming. Dan­kie, ek neem ken­nis van die vol­le be­son­der­he­de van jou voor­stel oor die volks­lied. – Bar­nard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.