‘Ek sê din­ge net soos dit is’

Hy haat A­fri­kaans nie en sy uit­spra­ke daar­oor as u­ni­ver­si­teitstaal is bloot ge­grond op ’n re­a­lis­tie­se ont­le­ding, het prof. Jonathan Jan­sen aan Gert van der West­hui­zen ge­sê.

Beeld - - Middelblad - Van der West­hui­zen is ’n ar­ti­kel­skry­wer by Net­werk24.

Hy is s­kaars twee we­ke te­rug in die land ná ’n pro­duk­tie­we tien maan­de aan die S­tan­ford-U­ni­ver­si­teit in Ka­li­for­nië of Jan­sen het al klaar ’n hele paar men­se skeef laat op­kyk.

In se­ke­re oor­de het dit nie net by skeef op­kyk ge­bly nie. Som­mi­ge men­se is brie­send vir Jan­sen, oud­rek­tor van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat, om­dat hy in As by Fi­re: The End of the South A­fri­can U­ni­ver­si­ty ge­skryf het dat A­fri­kaans weens sy po­li­tie­ke ba­ga­sie nie ’n toe­koms as on­der­rig­taal op u­ni­ver­si­teit het nie.

Hy is on­der meer uit­ge­kryt vir ie­mand wat A­fri­kaans haat.

Dit is vir Jan­sen iet­wat vreemd dat hy nou oor dié uit­la­ting ge­kap word. Dit is iets wat hy lank­al ge­sê het, ver­tel hy op ’n stoe­pie langs die swem­bad van die hotel waar­in hy in Sand­ton tuis­gaan.

In sy swart stre­pies­pak en swart hemp son­der das lyk Jan­sen na ’n be­daar­de in­tel­lek­tu­eel wat rus­tig in die win­ter­son­ne­tjie pro­ble­me kan sit en uit­pluis met die ge­rus­stel­len­de ge­luid van ’n spuit­fon­tein op die ag­ter­grond.

Hy ge­sels lek­ker ge­mak­lik in A­fri­kaans na­dat hy in­ge­stem het om van taal te ver­an­der ter wil­le van die vi­deo-op­na­me van ons on­der­houd.

“C­hoo­se your lan­gua­ge,” sê hy skert­send. “Ek praat se­we ta­le. A­fri­kaans, Se­pe­di, i­siZu­lu, S­jan­gaan . . . ”

Hy het En­gels groot­ge­word, maar hou daar­van om A­fri­kaans te praat.

“Dis eint­lik vir my lek­ker. Dis ’n taal waar­voor ek baie lief is. Ek en­joy A­fri­kaans eint­lik,” sê Jan­sen voor­dat hy ver­dui­de­lik dat sy ge­wraak­te stel­ling al­ler­mins ’n i­de­o­lo­gie­se stand­punt is.

“Ek sê din­ge soos dit is. En, soos ek al baie ge­sê het, wit A­fri­kaans­spre­ken­des on­der­skat die po­li­tie­ke las wat swart men­se kop­pel, reg of ver­keerd, aan die ge­skie­de­nis van A­fri­kaans in die a­part­heids­ja­re.

“Men­se ver­staan dit nie.”

A­fri­kaans se won­der­li­ke toe­koms Vol­gens Jan­sen moes hy al tal­le ke­re aan mi­li­tan­te stu­den­te aan weers­kan­te van die po­li­tie­ke spek­trum ver­dui­de­lik dat A­fri­kaans nie ’n wit­mans­taal is nie van­weë on­der meer die by­drae wat sla­we daar­toe ge­maak het.

“Dan gaan jy Woord­fees toe en ’n i­di­oot staan op en sê ‘Maar dis ons taal!’ ”

Dit is ook nie net swart stu­den­te wat deels van­weë sul­ke hou­dings ’n pro­bleem met A­fri­kaans het nie. Hy het ook al in die “po­li­tie­ke op­set” ag­ter­ge­kom dat men­se net voor­gee om in die kon­teks van die Grond­wet vir A­fri­kaans om te gee.

Sy ont­le­ding van A­fri­kaans se toe­koms as on­der­rig­taal op u­ni­ver­si­teit is daar­om ge­grond op ’n re­a­lis­tie­se ont­le­ding van die si­tu­a­sie op voet­sool­vlak, sê Jan­sen. Dit is nie ’n per­soon­li­ke ve­te nie.

“Daar is nie ’n dag wat ver­by­gaan son­der dat ek by­voor­beeld LitNet aan­lyn lees nie. Ek lees die A­fri­kaan­se koe­ran­te. Daar is meer A­fri­kaan­se fees­te as ooit van­te­vo­re. Selfs by Ko­v­sies het ons nou ’n A­fri­kaan­se boe­ke­fees en ek was deel van die be­plan­ning daar­van. So ek dink in die bre­ër sa­me­le­wing het A­fri­kaans ’n won­der­li­ke toe­koms,” sê Jan­sen.

“Soos my kin­ders sal sê: chill.”

Slag­spreu­ke maak geen sin

Chill is eg­ter die laas­te woord wat by ’n mens op­kom as jy Jan­sen se boek oor die on­rus op Suid-A­fri­kaan­se kam­pus­se in 2015-2016 lees en oor die toe­koms van u­ni­ver­si­tei­te in die land be­gin tob.

Dit is ’n ont­stel­len­de boek wat ge­skryf is toe Jan­sen ’n ge­kwel­de man was. Hy hou daar­van om te skryf as hy só voel, want dan kan hy van goed ont­slae raak wat swaar op die ge­moed druk.

“Ek is van na­tu­re ’n po­si­tie­we mens. Ek sien al­tyd die goed in men­se raak en pro­beer om po­si­tief te wees oor ons land en sy toe­koms, maar ek glo ook ’n mens moet eer­lik wees.”

Jan­sen is bru­taal eer­lik oor wat op kam­pus­se ge­beur het en hy draai nie doe­kies om nie wan­neer hy praat oor die “klein groep jong men­se wat eint­lik ons u­ni­ver­si­tei­te let­ter­lik aan die brand ge­steek het”.

Hy is baie be­kom­merd oor die kwes­baar­heid van die land se 26 o­pen­ba­re u­ni­ver­si­tei­te en die on­ver­draag­saam­heid van die be­to­gen­de stu­den­te laat hom nie juis be­ter slaap nie.

Jan­sen sê dié stu­den­te ver­staan nie wat hul­le sê as hul­le slag­spreu­ke soos de­ko­lo­ni­a­li­sa­sie ge­bruik nie.

“Daar is ook woor­de soos whi­te mo­no­po­ly ca­pi­tal. Wat op aar­de is dit? Ra­di­cal e­co­no­mic trans­for­ma­ti­on . . . en dan gooi jy nog de­co­lo­ni­sa­ti­on by.

“Ons is nie co­lo­ni­al nie. Te­wens, ons groot pro­bleem is eint­lik die na­la­ten­skap van a­part­heid. Daar is ook on­der­lig­gen­de ras­se­den­ke hier wat my bang maak. Be­te­ken dit elke wit ou in Suid-A­fri­ka is co­lo­ni­al?

“Kom ons vra wat de­co­lo­ni­a­li­sa­ti­on be­te­ken. En as de­co­lo­ni­a­li­sa­ti­on die uit­da­ging is, wil ek weet wat die de­co­lo­ni­a­li­sa­ti­on pro­ject be­hels. Ons moet baie ver­sig­tig wees, want dit sluit in en uit op ’n ras­se­grond­slag en ek het nie tyd vir sul­ke non­sens nie.”

Po­li­tie­ke pro­bleem nie op­ge­los Jan­sen meen dié “lui den­ke” help op geen in­tel­lek­tu­e­le of prak­tie­se ma­nier om werk­li­ke pro­ble­me op te los nie, maar in dié sta­di­um is die kans skraal dat be­skaaf daar­oor de­bat­teer kan word.

“Men­se is te bang om te praat. Ek was se­ker nou al by tien boek­be­kend­stel­lings in die Kaap en in Jo­han­nes­burg en by die mees­te van hier­die ge­leent­he­de vra men­se vir my: ‘Kan ek maar sê wat ek dink? Want ek gaan ’n prys be­taal as ek op my kam­pus so iets sê.’ ”

Dié vrees spruit vol­gens Jan­sen voort uit die op­tre­de van stu­den­te wat ty­dens die kam­pus­on­rus klas­se en ander by­een­koms­te ont­wrig het, iets wat baie jam­mer is juis om­dat u­ni­ver­si­tei­te plek­ke be­hoort te wees waar jy kan sê wat jy dink. Hoe­wel hy kri­ties oor die op­roer­ma­kers is, be­sef Jan­sen stu­den­te se pro­ble­me al te goed. Daar moet met ’n teg­nie­se en po­li­tie­ke oog daar­na ge­kyk word.

’n Teg­nie­se op­los­sing is mak­lik. Die re­ge­ring moet be­hoef­ti­ge stu­den­te se klas- en ver­blyf­geld be­taal ter­wyl die pri­va­te sek­tor, soos by Ko­v­sies, kan by­dra om vir meer ba­sie­se be­hoef­tes soos kos te sorg.

Stu­den­te met ver­mo­ën­de ou­ers moet vir hul­self be­taal om­dat Suid-A­fri­ka een­vou­dig net nie gra­tis ter­si­ê­re on­der­rig vir al­mal kan be­kos­tig nie.

“Teg­nies kan dit uit­ge­werk word, maar dit moet po­li­ties be­stuur word en jy sit met ’n re­ge­ring wat op die oom­blik nie die ge­loof­waar­dig­heid het om daai kin­ders in die oë te kyk en te sê: ‘Luis­ter, so gaan dit werk.’

“Hier­die men­se kyk weer na die re­ge­ring en sê: ‘Wag ’n bie­tjie. Jul­le stroop die land, elke dag is daar nog ’n skan­daal. Hoe­kom moet ons be­taal, jul­le ge­bruik die be­las­ting­be­ta­ler se geld om jul eie sak­ke vol te stop?”

Meer goeie men­se as sleg­tes

Die po­li­tie­ke pro­bleem sal na­der aan ’n op­los­sing wees as 2019 Suid-A­fri­ka­ners ’n ander soort re­ge­ring kan gee, sê Jan­sen.

Dit hoef nie ’n ander par­ty te wees wat die be­wind oor­neem nie.

“Dit moet net or­dent­li­ke men­se wees wat nie kor­rup is nie en stu­den­te in die oë kan kyk en din­ge kan uit­werk met hier­die ge­weld­da­di­ge min­der­heid.

“As dit nie ge­beur nie, moet ge­wo­ne men­se soos ek en jy op­staan en sê dit is ge­noeg. Ou­ers moet kan sê ek be­taal geld en moe­nie bang wees om­dat jy wit is en skul­dig voel om­dat jy wit is nie. Jy moet kan sê: ‘Dit is my land ook en dit is my geld en ek wil ’n ver­skil maak en ek wil by­dra.’ ”

Dít is wat Jan­sen steeds brand om te doen: Hy wil by­dra tot ’n op­los­sing.

Hy sal ver­al baie graag saam met ander wil veg om die on­der­wys­stel­sel al op skool te ver­an­der om­dat hy meen die pro­ble­me be­gin al by ge­brek­ki­ge on­der­rig in die voor­skool­seen grond­slag­fa­se van gr. 1 tot 4.

Dit is maar een van die din­ge wat hom dik­wels be­kom­merd maak oor Suid-A­fri­ka se toe­koms, maar hy is nooit heel­te­mal moe­de­loos nie. Want daar is al­tyd hoop.

“Aan die ein­de van die tag­ti­ger­ja­re het nie­mand van ons ge­dink SuidA­fri­ka sal a­part­heid kan oor­leef nie,” ver­dui­de­lik hy.

“Nie­mand het so ge­dink nie. Ons het al­tyd vir me­kaar ge­sê, en jy moet my maar my taal­ge­bruik ver­ge­we, maar ons het al­tyd ge­sê die Boe­re gaan hier­die land nie met e­nig­ie­mand deel nie. T­hey’re going to the wall en hul­le gaan ons al­mal vrek­skiet.

“Jy het met daai soort van den­ke ge­sit. En toe kom Man­de­la en jy kan nie Man­de­la hê son­der De K­lerk nie, of jy nou van De K­lerk hou of nie, jy het al twee no­dig ge­had.

“Hul­le het as lei­ers ge­sê ‘kom ons draai hier­die land om’. So, we went to the b­rink, soos hul­le in En­gels sê. Ek glo ons is am­per weer daar. Ons soek nou daai lei­ers en ho­pe­lik kry ons hul­le weer in 2019,” sê Jan­sen.

“Ek dink ek het dalk meer sko­le in hier­die land as e­nig­ie­mand an­ders be­soek. Ek was op pla­se in U­gie en Tromps­burg ’n dag na­dat ’n boer se vrou ver­moor is en dan praat ek met daai ge­meen­skap.

“Ek was in towns­hips waar ’n klomp kin­ders dood is in ’n bus­on­ge­luk en dan praat ek met daai ge­meen­skap. Ek kan nou met vol­le ver­troue vir jou sê: Daar is baie, baie meer goeie men­se in hier­die land as wat daar sleg­te men­se is.

“En dit gee my baie hoop.”

‘‘ Ek kan nou met vol­le ver­troue vir jou sê: Daar is baie, baie meer goeie men­se in hier­die land as wat daar sleg­te men­se is. En dit gee my baie hoop. — JONATHAN JAN­SEN

Fo­to: FE­LIX DLANGAMANDLA

Prof. Jonathan Jan­sen meen ’n po­li­tie­ke op­los­sing is no­dig vir die kri­sis aan u­ni­ver­si­tei­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.