Wat sê jy? S­tuur ’n SMS na 45571

SMS’e met die naam en plek van die skry­wer kry voor­keur. SMS’e son­der ‘n naam of skuil­naam word nie oor­weeg nie.

Beeld - - Middelblad -

Wat het ge­word van Wil­lie S­pies van A­friForum se droom van ’n ver­soe­ning­se­te in S­pur tus­sen die twee ba­klei­en­de par­tye? Dit kan ver­soe­ning in ons land sig­baar maak. Dit is iets wat ons so no­dig het. Ko­maan, hier is ’n kans om die land se ver­beel­ding aan te gryp! – JPT, Mid­del­burg

Die Gup­tas het nie die land op hul eie ge­kaap nie. Hul hulp was no­dig na­dat ons eie mi­nis­ters die be­trok­ke de­par­te­men­te ge­plun­der het. – An­sa

Han­no den Boer, kry as­se­blief vir jou ge­ba­lan­seer­de lees­stof. Wat jy oor Marx­is­me kwyt­raak, grens aan die ab­sur­de! – Ma­gi, P­re­to­ria

Han­no den Boer, ek sal jou e­ni­ge dag as ’n de­bat­teer­der aan my kant wil hê. Jou ar­gu­men­te is reg­uit en sin­vol. – Ray­mond

Die Na­mi­bie­se mi­nis­te­rie van vis­se­rye en ma­rie­ne hulp­bron­ne wil nou R1 500 per maand vra vir ’n hen­gel­per­mit. Dit is mal­lig­heid. Dit sal die ein­de van S­wa­kop­mund en Hen­ties­baai be­te­ken. – Wol­lie, Bos­hoek Dis i­ro­nies dat so­veel vry­heids­veg­ters so min tyd ge­kry het om hul vry­heid te ge­niet. – Sarie, Vil­lie­ria

Mooi so, ATKV en Dei­d­re Le Ha­nie. Dit is hoog tyd dat A­fri­kaans en A­fri­ka­ners in die 21ste eeu aan­kom en in­klu­sief den­kend raak. An­ders gaan hul­le net so uit pas raak soos die NG Kerk. – San­na

Toe Max du P­reez sy on­der­steu­ning vir die ATKV uit­bul­der, toe weet ek, ek het reg be­sluit om uit die or­ga­ni­sa­sie te be­dank. Ek sal net vir in­te­res­sant­heid hul vor­de­ring dop­hou. – El­sie van Be­no­ni

1 mil­joen le­de is so min haal­baar vir die ATKV as wat dit was vir An­gus Bu­chan se saam­trek in Bloem­fon­tein. – Wil­lie Bo­tha, P­re­to­ria

Hoe­veel keer per dag moet ek luis­ter na Ka­ren Fer­rei­ra en Vil­joen Re­tief se Vier wit mu­re, wat daag­liks oor P­re­to­ria FM ge­speel word? – Ja­mes, P­re­to­ria

Niks is ver­keerd met Her­man Mas­ha­ba, Jo­han­nes­burg­se bur­ge­mees­ter se op­tre­de nie. Baie van die ge­bou­ka­pers is on­wet­ti­ge im­mi­gran­te wat by mis­daad be­trok­ke is. Hul­le moet in heg­te­nis ge­neem word. – Da­nie

Ek wil aan Lin­do­kuhle M­da­be, die pro­ku­reur van die In­sti­tuut vir So­sio­e­ko­no­mie­se Reg­te van Suid­A­fri­ka sê: Dit is nie Suid­A­fri­ka se werk om be­hui­sing aan bui­te­lan­ders te gee nie. Hul­le is hier uit eie keu­se. Suid­A­fri­ka is nie ’n wel­syn­land vir ander lan­de se bur­gers nie. – Wil­na

Ken Lin­di­we Si­su­lu nie die Grond­wet nie? Waar staan daar ge­skryf dat ter wil­le van een­heid in die ANC am­nes­tie aan ie­mand soos Ja­cob Zu­ma (met 783 aan­klag­te teen hom) ver­leen mag word? Dit sou mos ’n ge­vaar­li­ke pre­se­dent skep. – Hans Re­tief, P­re­to­ria V Ek sien een van die dae is ’n plas­tiek­pyp en chi­rur­gie­se gom, soos vir die pof­ad­der, ook ons voor­land! – Ho­mo, Mur­ray­field Ver­wag meer in­bra­ke by regs­kan­to­re ter­wyl die net sty­wer om die staat­ska­pers span. – Da­nie Ains

Gi­de­on Jou­bert van Go­sa, ek stem 200% saam met jou skry­we oor Suid­A­fri­ka se Vuur­wa­pen­be­heer­wet. – Han, Po­lo­kwa­ne

Waar kry men­se die na­me vir hul ba­bas, ver­al vir die mei­sies? Met Beeld se Ba­ba van die Jaar 2017­kom­pe­ti­sie lees ek van I­van­ke, Mar­joné, Du­nay, C­han­te­ni­que, Ty­lor, Di­an, Ru­may, Lou­en, Landon­Jax en Ray­len. En die prag­tig­ste van al­mal: “Juc­ke”. Juc­ke? “Juc­ken” is “jeuk” in Duits. – F­rie­da Blom

Hoe kan Jaco Pey­per die skeids­reg­ter wees vir die na­week se Su­per­rug­by­half­eind­stryd tus­sen die Leeus en die Hur­ri­ca­nes? ’n Skeids­reg­ter moet mos on­ver­bon­de wees met so ’n be­lang­ri­ke wed­stryd. – Chris, Ri­chards­baai

Pey­per het Sa­ter­dag goed ge­blaas. Ek stem eg­ter vol­ko­me saam dat ’n neu­tra­le skeids­reg­ter Sa­ter­dag moet blaas. Pey­per bly ’n om­stre­de keu­se. – Blou­bul Ek stem saam met John Plum­tree, die Hur­ri­ ca­nes se voor­spe­le­raf­rig­ter, dat ’n neu­tra­le skeids­reg­ter in mô­re se half­eind­stryd be­hoort te blaas. Dit sal ’n ein­de aan e­ni­ge ar­gu­ment van be­voor­de­ling maak. – Gys, Do­ran­dia

S­te­phen Nell is reg. An­dré Watson was een van die bes­te Suid­A­fri­kaan­se skeids­reg­ters. Hy het swak bla­sers vas­ge­vat. Nou is daar geen be­heer nie en pluk ons die vrug­te daar­van. – Ein­stein

Ek boer met 40 Goue Leeus en my plaas se naam is El­lis­park. – An­dré van Ton­der, Ve­ree­ni­ging

Dit is hoog tyd dat

At­le­tiek Suid­A­fri­ka at­le­tiek­gees­drif­ti­ges in­lig oor pre­sies wat hul mo­ti­ve­ring is om so ’n ka­ri­ge groe­pie at­le­te na die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies se Wê­reld­by­een­koms in Lon­den te s­tuur. Is daar dalk ’n te­kort aan geld as ge­volg van fi­nan­si­ë­le wan­be­stuur? – Jan­nas, Mid­del­burg

Gis­ter se taal­ge­bruik op Beeld se voor­blad is ui­ters swak. Om die En­gel­se woord “cry” te ge­bruik met ver­wy­sing na C­had le Clos dui op min­ag­ting van ons mooi­ste taal. Ge­bruik eer­der tra­ne van blyd­skap of “kraai” ko­ning, maar moe­nie die twee ver­meng met ’n En­gel­se woord as so­ge­naam­de “slim” woord­spe­ling nie. – Jo­han

Dan­kie, Beeld, daar was gis­ter geen treur­ma­re oor A­mor, De­rick, Bob­by of Kar­lien in die koe­rant nie. – Con­nie, P­re­to­ria

Her­man Mas­ha­ba

An­dré Watson

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.