‘Rau­ten­bach ’n be­lang­ri­ke Se­s­ti­ger’

Beeld - - Middelblad - AJ Op­per­man

Soos die A­fri­kaan­se let­ter­kun­de sy Se­s­ti­gers op­ge­le­wer het, so het die A­fri­kaan­se rol­prent­be­dryf ook sy Se­s­ti­ger op­ge­le­wer.

So het dr. Ant­hea van Jaars­veld, se­ni­or lek­tor in die de­par­te­ment A­fri­kaans, Ne­der­lands, Duits en Frans aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV), die ont­sla­pe rol­prent­ma­ker Jans Rau­ten­bach in ’n pa­neel­ge­sprek, “Hul­de aan hel­de: Jans Rau­ten­bach”, be­skryf.

Sy het saam met prof. Mar­tin Bo­tha van die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad, Le­on van Nier­op, rol­prent­re­sen­sent, en Trevor Mo­ses, ’n rol­pren­tar­gi­va­ris, op die Vry­staat Kuns­te­fees in Bloem­fon­tein oor Rau­ten­bach ge­praat. Die ge­spreks­lei­er was prof. Hen­nie van Col­ler, se­ni­or na­vor­sings­ge­noot aan die UV se de­par­te­ment A­fri­kaans, Ne­der­lands, Duits en Frans.

Rau­ten­bach (1936-2016), ’n pi­o­nier-rol­prent­ma­ker, is be­kend om pren­te soos Die kan­di­daat (1968), Ka­tri­na (1969) en Jan­nie Tot­siens (1970).

“Hy het be­lang­ri­ke Se­s­ti­ger­te­mas ook na vo­re ge­bring. Hy was ’n A­fri­ka­ner wat van­uit die A­fri­ka­ner­ge­meen­skap kri­tiek en kom­men­taar ge­le­wer het op hoe die A­fri­ka­ner hom eint­lik ge­dra het. Hy het vrae ge­stel oor wie en wat die A­fri­ka­ner is en on­ge­loof­lik ver ge­gaan om so­sio-po­li­tie­ke kom­men­taar te le­wer,” het Van Jaars­veld ge­sê.

Rau­ten­bach, wat in No­vem­ber verlede jaar dood is, was die re­de waar­om hy fliek­re­sen­sies be­gin skryf het, sê Van Nier­op.

“Ek het as skool­kind na Die kan­di­daat ge­kyk. Ek was ge­woond aan prent­jies en hier loop Roelf Ja­cobs (een van die ak­teurs in die rol­prent) skie­lik deur hier­die klip­beel­de en die ka­me­ra be­weeg wrag­tig. Ek was nie ge­woond aan so iets nie. Daar moet ’n re­de wees.”

Die woord­groep “daar moet ’n re­de wees” het hom re­sen­sies laat skryf.

“En hy (Ja­cobs) kom in die raad­saal en daar is ’n skoot van bo af. Ek het nie so iets ge­ken nie. Ver­al nie in A­fri­kaans nie. Daar­mee saam was daar sub­teks. Jans was goed met vi­su­e­le sub­teks.”

Van Nier­op het ook na ’n to­neel in Ka­tri­na ver­wys wat hom des­tyds in tra­ne laat uit­bars het.

“Dit is waar Ka­tri­na se seun uit­vind hy is bruin. En hul­le gaan by ’n plek in en “Cry to Me” speel en dis hier­die flit­sen­de lig­te en die ka­me­ra be­weeg tus­sen­deur hier­die men­se. En ek be­sef hier­die man t­rek my in hier­die fliek in. Hy vat vir my met sy ka­me­ra in die be­te­ke­nis van die film in. Daar is be­te­ke­nis daar­ag­ter.”

Rau­ten­bach het vir hom ’n sleu­tel ge­gee om te ver­staan dat daar iets meer ag­ter fliek­to­ne­le is, meen Van Nier­op.

Bo­tha, wat on­der meer die boek Jans Rau­ten­bach: Dro­mer, baan­bre­ker en ou­teur ge­skryf het, het ge­praat oor Rau­ten­bach se laas­te rol­prent, A­bra­ham.

“A­bra­ham is ’n on­ge­loof­li­ke re­flek­tie­we rol­prent oor Jans se hele loop­baan, waar hy selfs kri­ties na hom­self kyk en hier­die wê­reld van Ou­lap (Rau­ten­bach se plaas in die Klein-Karoo) daar in­bring.”

Van Jaars­veld sê Rau­ten­bach het op ’n toe­gank­li­ke ma­nier oor “groot goed” ge­skryf.

“’n Mens het nie eint­lik al­tyd be­sef wat­ter on­ge­loof­li­ke be­lang­ri­ke Se­s­ti­ger hy was nie. Hy het ge­skryf oor bui­te­stan­ders, bin­ne­stan­ders. Kort­om, Jans het on­ge­loof­lik skerp kri­tiek ge­le­wer op die a­part­heids­i­de­o­lo­gie en ’n mens kan hom uit ’n a­ka­de­mie­se oog­punt be­skou as een van ons mees be­trok­ke rol­prent­ma­kers.

“Die nu­we goed (soos u­nie­ke ka­me­ra­werk) wat hy ge­doen het, het ons nie eint­lik raak­ge­sien nie om­dat dit so ge­mak­lik ge­kom het.”

Fo­to: BRENDAN CROFT

Jans Rau­ten­bach

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.