10 spook dit uit in ATKV­Mu­ziq

Beeld - - Middelblad - El­re­tha B­ritz

Tien jong in­stru­men­ta­lis­te ding van­jaar mee om prys­geld van R180 000 in die ATKV-Mu­zi­q­kom­pe­ti­sie.

Dié kom­pe­ti­sie vir klas­sie­ke mu­si­ci word in die Hugo Lam­brechts-mu­siek­sen­trum in Pa­row ge­hou en oor net twee dae be­slis: ’n uit­dun­ron­de van­dag en die eind­ron­de mô­re.

Vier vi­o­lis­te, twee pi­a­nis­te, ’n tjel­lis en ’n fluit-, sax­o­foon­en klas­sie­ke­ki­taar­spe­ler gaan dit uit­spook.

Die vi­o­lis­te is Paul Loeb van Zui­len­burg van Kaap­stad, Jonathan May­er van Jo­han­nes­burg, Bi­an­ca Wes­ley-S­mith van P­re­to­ria en Jef­frey Arm­strong, wat nou in Lon­den is.

Su­lay­man Hu­man (S­tel­len­bosch) en B­ri­an Bae (P­re­to­ria) speel kla­vier en T­ha­pe­lo Ma­si­ta (tans ’n stu­dent in die VSA) is die tjel­lis.

Die ander deel­ne­mers is Cameron Wil­li­ams (sax­o­foon), Neil Ro­bert­son (fluit) en Tim ter Huur­ne (klas­sie­ke ki­taar), al­mal van Kaap­stad.

Die wen­ner kry R65 000, die naas­wen­ner R32 000 en die een in die der­de plek R16 000.

Die be­oor­de­laars is die Kaap­se pi­a­nis John T­he­o­do­re, die Bloem­fon­tein­se kla­ri­net­do­sent Hein­rich Ar­mer en Pa­trick Good­win, or­kes­mees­ter van die Kaap­stad­se Fil­har­mo­nie­se Or­kes. Die nie­stem­men­de voor­sit­ter is die P­re­to­ri­a­se vi­o­lis De­ni­se Sut­ton.

Pa­le­sa Ma­lie­loa (so­praan), wen­ner van die ATKV-Mu­zi­qan­to in 2016, tree in die eind­ron­de-kon­sert op.

Na­vrae: Bel Lou­isa van Rens­burg by 011 919 9009 in werk­tyd of Il­se S­chür­mann ná werk­tyd by 082 851 7157.

)

Paul Loeb van Zui­len­burg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.