I­ta­li­aan­se kla­vier­paar sluit toer af

Beeld - - Middelblad -

E­le­o­no­ra S­pi­na en Mi­che­le Be­nig­net­ti, die wyd ge­roem­de I­ta­li­aan­se kla­vier­paar wat al tal­le pry­se vir hul du­ospel ont­vang het, rond hul Suid-A­fri­kaan­se kon­sert­toer af met twee op­tre­des dié na­week in P­re­to­ria en Jo­han­nes­burg. Die slot­kon­sert is Dins­dag in Pot­chef­stroom.

Die twee Gau­teng-kon­ser­te be­staan uit ’n pro­gram vir vier han­de op een kla­vier, ter­wyl die Pot­chef­stroom-kon­sert op twee kla­vie­re uit­ge­voer word.

Mô­re­aand om 19:00 tree hul­le op in die Tau­ro­me­ni­um, Wa­ter­kloof­rif, P­re­to­ria. Die re­per­to­ri­um be­staan uit die Fan­ta­sie in f, K 608 van Mo­zart, Ra­ch­ma­ni­noff se Ses Stukke, o­pus 11, die Fan­ta­sie in F, D 940 in vier aan­een­lo­pen­de be­we­gings van S­chu­bert, as­ook die A­me­ri­kaan­se kom­po­nis Sa­mu­el Bar­ber se Sui­te, o­pus 28, waar­in die kom­po­nis sy her­in­ne­rin­ge aan die New York van sy jeug koes­ter.

Kaar­tjies vir dié kon­sert kan voor­af be­spreek word by John Roos by 082 770 6138. Kaar­tjies kos R100 en, in­dien nie uit­ver­koop nie, sal dit ook by die deur be­skik­baar wees.

Die­self­de pro­gram word Son­dag om 15:30 vir 16:00 in die G­lens­hiel-he­re­huis, Wool­ston­weg 19, We­st­cliff in Jo­han­nes­burg, her­haal. Kaar­tjies hiervoor kos R200 en sluit ver­ver­sings en dran­kies in.

Doen be­spre­kings deur saulb@pol­ka.co.za. Bel Saul by 083 414 0041 vir na­vrae of pad­aan­wy­sings. As die kaar­tjies nie uit­ver­koop nie, sal dit by die deur te kry wees.

Die duo se kon­sert op twee kla­vie­re vind Dins­dag om 19:30 in die Kon­ser­va­to­ri­um­saal van die NWU, T­ha­bo M­be­ki­weg, Pot­chef­stroom, plaas. Hier word wer­ke van Ra­ch­ma­ni­noff, S­chu­bert, Brahms en Lu­toslaw­ski uit­ge­voer.

Kaar­tjies kos R80, en R50 vir kin­ders, stu­den­te en pen­si­oe­na­ris­se. Be­spreek by 018 299 1692 of 018 297 1583, of by www.ar­te­ma.co.za. Die lo­ket o­pen 30 mi­nu­te voor­dat die kon­sert be­gin. – Paul Boek­kooi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.