‘Dun­kirk’ laat jou nie uit sy greep

Beeld - - Middelblad - La­e­ti­tia Pop­le Oor­le­wings­dra­ma Die ak­teur Fi­onn W­hi­te­he­ad is in die voor­grond.

Een van die mees dra­ma­tie­se hoof­stuk­ke in die Twee­de Wê­reld­oor­log is die fo­kus van die B­rits-A­me­ri­kaan­se re­gis­seur Chris­to­pher No­lan se jong­ste rol­prent, Dun­kirk.

Sy prent kar­teer die B­rit­se red­dings­po­ging van die na­ge­noeg 400 000 Ge­al­li­eer­des wat vir tien dae ge­strand was op die Duin­ker­ken-strand in 1940.

Die oor­mag van die Duit­se weer­mag was ag­ter die soldate; die see voor hul­le. Op die ho­ri­son wag hul va­der­land so on­be­reik­baar ver.

No­lan, be­kend om die flieks In­cep­ti­on, Me­men­to en The Dark K­nig­ht, het as kind in B­rit­tan­je groot­ge­word met Duin­ker­ken se mi­tie­se sta­tus.

As rol­prent­ma­ker wou hy die bloed­jong soldate se vrees en hoop op oor­le­wing die fo­kus van sy aan­gry­pen­de red­dings­dra­ma maak.

Hier is geen dra­len­de sko­te op wap­pe­ren­de B­rit­se vlae nie, die ky­ker se e­mo­sie word nie ge­melk nie en die musiek is so ver­skans dat dit deel word van jou hart­klop.

Die ky­ker moet ook nie No­lan se ver­wik­kel­de kop­spe­le­tjies of vi­su­e­le leg­kaar­te ver­wag nie. Dun­kirk gee ’n in­druk van hoe dit moes ge­wees het vir die soldate, wat nooit vir se- ge­weet het of B­rit­tan­je hul­le be­tyds gaan kom help nie.

Dit is ’n er­va­rings­fliek. So­dra jy aan boord is, gaan dit jou eers 106 mi­nu­te la­ter uit sy greep laat.

Dit voel by­kans soos ’n do­ku­men­têr. As die hulp dan kom in klein ple­sier­boot­jies, ge­ha­wen­de vis­ser­man­skui­te met en­kel­mo­tors en Son­dag-seil­jag­te klop jou hart warm son­der dat daar een ver­re­gaan­de S­te­ven S­piel­berg-oom­blik is. Jy er­vaar wa­re dap­per­heid van ge­wo­ne men­se son­der die op­ge­bla­se held­haf­tig­heid van die ge­wo­ne oor­logs­dra­ma.

Ge­pas kon­tras­teer No­lan, ’n seun wat te jonk is vir die oor­log, met die per­spek­tief van soldate net ou­er as hy wat elke dag die dood aan­skou het.

Ver­skil­len­de ver­haal­ly­ne is ver­vleg – nie dat die fliek sterk op nar­ra­tief fo­kus nie – eer­der op ver­skeie in­druk­ke van­uit ’n le­gio per­spek­tie­we.

Die ky­ker er­vaar deur­gaans eng­te­vrees – dán is jy in die ka­juit saam met die veg­vlie­ë­niers in die S­pit­fi­res, dán on­der in ’n skip se ruim wat oor­stroom, dán in die diep­see met bran­ker den­de o­lie om jou.

Die ki­ne­ma­to­graaf Hoy­te van Hoy­te­ma hou na­by die soldate – jy lees hul ge­sig­te, sien wat hul­le sien, kyk oor hul skou­ers, jy be­leef al­les uit hul per­spek­tief.

So­veel te meer ráák hier­die rol­prent jou. No­lan het min op vi­su­e­le ef­fek­te ge­steun; die mees­te van sy fliek is “in ka­me­ra” met min toe­voe­gings in die re­di­geer­ka­mer ná die op­na­me.

Dit is ’n fliek vir die bi­o­skoop. Moe­nie dit op ’n klein skerm kyk nie.

Ver­al die vlie­ë­niers in die S­pit­fi­res en die ge­kan­tel tus­sen he­mel en see is in­druk­wek­kend van­uit die per­spek­tief van ’n ka­me­ra op die vlerk.

Dun­kirk is ge­se­tel in die Twee­de Wê­reld­oor­log, maar dit bring tog ’n bood­skap van me­de­mens­lik­heid en die ver­bys­te­ren­de waar­de van wa­re ge­meen­skap.

In ’n tyd van die sel­f­ie en die eie ek blyk dié bood­skap re­vo­lu­si­o­nêr.

)

Re­gis­seur: Chris­to­pher No­lan. Met: Fi­onn W­hi­te­he­ad, Har­ry S­ty­les, Mark Ry­lan­ce en Ken­neth Bra­nagh. Tyds­duur: 106 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: 16TG

’n To­neel uit Chris­to­pher No­lan se Dun­kirk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.