Am­sa be­sluit ‘bin­ne we­ke’ oor toe­koms

Ba­tes dalk ver­koop om aan­leg oop te hou

Beeld - - Middelblad - El­vi­ra Wood

Ar­cel­orMit­tal Suid-A­fri­ka (Am­sa) sê hy gaan “bin­ne we­ke” be­sluit oor ver­al die toe­koms van sy aan­leg in Newcastle.

Am­sa het reeds in Mei ge­waar­sku dat hy drin­gend oor pro­duk­sie­vlak­ke van ver­al sy aan­leg­te in Newcastle en Sal­dan­ha sal moet be­sin.

Newcastle ver­vaar­dig ver­al lang staal pro­duk­te end i tis juis dié af­de­ling wat baie swaar ge­trek het in die half­jaar tot ein­de Ju­nie.

Die maat­skap­py het gis­ter ge­sê die verlies van sy lang staal be­dry­wig­he­de het met ’n e­nor­me 7 375% tot R897 mil­joen ge­groei.

Wim de K­lerk, uit­voe­ren­de hoof, en De­an Su­bra­ma­ni­an, fi­nan­si­ë­le hoof, sê die re­des vir die gro­ter verlies is bui­te Am­sa se be­heer. Die groot son­daar is die dras­tie­se toe­na­me in die prys van die grond­stow­we vir die ver­vaar­di­ging van staal, spe­si­fiek steen­kool en ys­ter­erts.

Die pry­se van die grond­stow­we wat in die lang staal af­de­ling ge­bruik word, was 42% ho­ër op ge­sa­ment­lik R3 857 per ton.

De K­lerk ont­ken ten sterk­ste dat hul­le be­plan om die aan­leg heel­te­mal te sluit. Am­sa kan tal­le stap­pe doen om dit te voor­kom, sê hy.

“Ons wil ver­al nou op die A­fri­ka­mark fo­kus. Ons het net ’n 20%-mark­aan­deel vir lang­staal en meen ons kan dit heel­wat ver­hoog.”

Dras­tie­se stap­pe is al die laas­te paar maan­de by Newcastle ge­doen om kos­te te be­snoei en werk­ge­leent­he­de te be­skerm.

“Ons men­se werk reeds net wan­neer daar spe­si­fie­ke be­stel­lings is. Dit be­te­ken dat hul­le nie ’n in­kom­ste ver­dien vir die dae waar­op hul­le nie werk nie.

“Ons sal ’n meer per­ma­nen­te plan vir dié aan­leg moet maak, aan­ge­sien ons nie op die duur van men­se kan ver­wag om net 18 dae per maand te werk nie.”

Vol­gens hom sluit die in­kor­ting van ure (en dus van sa­la­ri­skos­te) ook die be­stuur in. Geen ver­ho­gings is van­jaar vir werk­ne­mers – on­ge­ag hul pos­vlak – by dié aan­leg goed­ge­keur nie.

Am­sa het ver­skeie op­sies om van ba­tes ont­slae te raak wat nie deel van sy kern­be­dry­wig­he­de is nie. Hy het on­der meer be­lan­ge in Ma­csteel, CWI (wat draad ver­vaar­dig) en ver­skeie ys­ter­ert­s­my­ne en be­sit ook ver­skeie eien­dom­me in ver­al P­re­to­ria. “Ons oor­weeg dit tans om van som­mi­ge van dié ba­tes ont­slae te raak.”

So­wat 3 000 men­se werk by die Newcastle-aan­leg.

Ma­ri­us Crou­camp, ad­junk­hoof se­kre­ta­ris van So­li­da­ri­teit, sê as die aan­leg by Newcastle ge­sluit word, sal dit tot ’n “maat­skap­li­ke ramp” lei wat ge­sin­ne, die plaas­li­ke ge­meen­skap en plaas­li­ke e­ko­no­mie drasties sal raak. “Na­ge­noeg 66% van al­le werk­skep­ping in die plaas­li­ke e­ko­no­mie hang van die be­staan van dié aan­leg af.”

Am­sa se aan­de­le het gis­ter by­na on­ver­an­derd teen R4,99 ver­han­del.

De K­lerk sê ’n sta­king in die staal­en in­ge­ni­eurs­be­dryf sal ’n ramp wees.

Die me­taal­wer­ker s vakbond Num­sa het vroe­ër van­dees­maand ge­dreig met ’n sta­king “op ’n skaal wat nog nooit voor­heen ge­sien is nie” as daar nie aan sy ei­se vol­doen word nie.

Hy eis on­der meer ’n 15%- loon­ver­ho­ging.

De K­lerk sê die sek­tor kan so ’n ver­ho­ging hoegenaamd nie be­kos­tig nie.

Fo­to: EL­VI­RA WOOD

Wim de K­lerk, uit­voe­ren­de hoof van Ar­cel­orMit­tal Suid­A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.