Tel­kom wen saak teen Vo­da­com

Beeld - - Middelblad -

Tel­kom het ’n “keer­punt­saak” met kos­te teen Vo­da­com ge­wen oor “on­wet­ti­ge toe­gang tot sy in­fra­struk­tuur”.

Tel­kom het ’n drin­gen­de aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad in­ge­dien teen Vo­da­com, wat Tel­kom se in­fra­struk­tuur in die Den­ne­geur­ re­si­den­si­ë­le land­goed in So­mer­set­Wes in die WesKaap on­wet­tig ge­bruik.

“Ons kom­mer was dat Vo­da­com on­wet­tig Tel­kom se ton­ne­lin­fra­struk­tuur ge­bruik het en ons het die hof ver­soek om Vo­da­com te be­veel om sy ka­bels van ons ton­nels te ver­wy­der,” sê Tel­kom in ’n ver­kla­ring.

Tel­kom sê hy ver­wel­kom die hof se be­sluit.

Die hof het ook saam­ge­stem dat Tel­kom se in­fra­struk­tuur nie ge­bruik mag word son­der dat die voor­ge­skre­we re­gu­la­to­rie­se pro­ses­se ge­volg word nie. ­ Niel Jou­bert

Fo­to: GET­TY IMAGES

Die Tel­kom­to­ring in P­re­to­ria troon bo die woon­stel­ge­boue uit. Die hof het saam­ge­stem dat Tel­kom se in­fra­struk­tuur nie ge­bruik mag word son­der dat die voor­ge­skre­we re­gu­la­to­rie­se pro­ses­se ge­volg word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.