Ang­lo be­loon hul be­leg­gers

Beeld - - Sake - El­vi­ra Wood

Ang­lo A­me­ri­can het sy be­leg­gers met ’n di­vi­dend van $0,48 per aan­deel be­loon vir hul ge­duld met sy her­struk­tu­re­ring s plan.

In die half­jaar tot ein­de Ju­nie het Ang­lo ’n wins van $1,4 mil­jard be­haal ver­ge­le­ke met ’n verlies van $0,8 mil­jard in die oor­een­stem­men­de half­jaar van die vo­ri­ge jaar.

Ang­lo het ook daar­in ge­slaag om sy skuld­las met nog $2,3 mil­jard tot $6,2 mil­jard te ver­laag.

Ang­lo het in Fe­bru­a­rie 2016 aan­ge­kon­dig hy gaan sy be­lan­ge in steen­kool en ys­ter­erts ver­koop en eer­der fo­kus op sy meer wins­ge­wen­de af­de­lings, wat di­a­man­te, pla­ti­num en ko­per in­sluit, so­dat hy van sy e­nor­me skuld­las ont­slae kan raak. Dit was ein­de 2015 op’ n dui­se­ling­wek­kend e $12,9 mil­jard.

Hy het toe reeds sy ni­o­bi­um­en fos­faat-be­dry­wig­he­de vir $1,5 mil­jard ver­koop.

Saam met van die steen­kool­en pla­ti­num be­dry­wig­he­de wat hy ver­koop het, het hy in 2016 $1,8 mil­jard in die sak ge­steek uit die ver­ko­pe van die be­dry­wig­he­de.

Van­jaar het die prys van steen­kool en ys­ter­erts die hoog­te in­ge­skiet.

Mark Cu­ti­fa­ni, uit­voe­ren­de hoof, het in Fe­bru­a­rie van­jaar ge­sê in die lig daar­van gaan hul­le ba­tes soos Kum­ba Iron Ore vir eers be­hou.

Dié be­sluit het Ang­lo goed te staan ge­kom. Die on­der­lig­gen­de ver­dien­ste voor ren­te, be­las­ting, waar­de­ver­min­de­ring en a­mor­ti­sa­sie (e­bit­da) vir die ys­ter­ert­sen man­gaan-af­de­ling het met 127,9% tot R1,16 mil­jard ge­styg. Sy steen­kool af­de­lings e e­bit­da het met 255% tot R1,3 mil­jard ge­styg.

Ang­lo het wel die New Vaal-, New Den­mark- en K­riel-steen­kool­myn, as­ook vier my­ne wat vroe­ër ge­sluit is, in A­pril vir R2,3 mil­jard aan Se­ri­ti Re­sour­ces ver­koop.

Hier­die my­ne le­wer al­mal steen­kool aan E­s­kom.

Ang­lo het ook in die half­jaar be­sluit om sy 85%-be­lang in die U­ni­on-pla­ti­num­myn en sy 50,1%-be­lang in Ma­sa Chro­me Com­pa­ny aan Siy­an­da Re­sour­ces te ver­koop.

Die maat­skap­py sê hy sal aan­hou om sy “por­te­feul­je te ver­fyn” om te ver­se­ker dat sy ka­pi­taal aan­ge­wend word om ho­ër op­brengs­te te ge­ne­reer.

Ang­lo se aan­de­le het gis­ter­mid­dag net ná 14:00 4,6% ho­ër teen R211,58 ver­han­del.

Die di­vi­dend is be­taal­baar aan aan­deel­hou­ers wat op 11 Au­gus­tus op die aan­de­le­re­gis­ter is en dit word op 22 Sep­tem­ber be­taal.

Fo­to: EL­VI­RA WOOD

Mark Cu­ti­fa­ni, uit­voe­ren­de hoof van Ang­lo A­me­ri­can.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.