CPS­kon­trak: Net 1 sê naam is ‘ge­sui­wer’

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Net 1 UEPS, wie se fi­li­aal Cash Pay­mas­ter Ser­vi­ces (CPS) wel­syns­toe­lae in Suid-A­fri­ka uit­be­taal, sê die A­me­ri­kaan­se de­par­te­ment van jus­ti­sie het hom “van al­le blaam ont­hef”.

Net 1 het gis­ter ge­sê hy het be­ves­ti­ging van die de­par­te­ment ge­kry dat sy on­der­soek na hom weens moont­li­ke oor­tre­dings van dié land se wet op bui­te­land­se kor­rup­te prak­ty­ke af­ge­han­del is.

’n Wolk hang oor CPS se­dert hy die kon­trak van die Suid-A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa) ge­kry het om die wel­syns­toe­lae te be­taal.

In 2014 het die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof be­slis dat CPS ver­vang moes word om­dat die ten­der vir die uit­be­ta­ling van staats­toe­lae nie reg toe­ge­ken is nie.

Mil­jar­de ran­de word in dié pro­gram aan meer as 17 mil­joen men­se uit­be­taal.

Sas­sa het nie ge­hoor ge­gee aan die hof­uit­spraak nie en in Maart van­jaar het die hof be­veel ’n nu­we ver­sprei­der moet bin­ne ’n jaar aan­ge­stel word.

CPS het die Sas­sa-kon­trak in Ja­nu­a­rie 2012 ge­kry en Net 1 sê die on­der­soek van die A­me­ri­kaan­se de­par­te­ment van jus­ti­sie en die Se­cu­ri­ties and Ex­chan­ge Com­mis­si­on (SEC) het in No­vem­ber 2012 be­gin. Hy sê die on­der­soek is groot­liks ge­doen om­dat Bar­clays A­fri­ca se fi­li­aal Al­lPay Con­so­li­da­ted on­be­ves­tig­de be­rig­te in die Suid-A­fri­kaan­se me­dia aan die A­me­ri­kaan­se de­par­te­ment van jus­ti­sie ge­stuur het. Al­lPay het ook vir die Sas­sa-kon­trak ge­bie.

In die be­rig­te is be­weer dat daar kor­rup­sie was met die ten­der­pro­ses.

Die maat­skap­py is in ken­nis ge­stel dat sy on­der­soek vol­tooi is en dat hy geen op­tre­de teen die maat­skap­py voor­stel nie.

Dié ken­nis­ge­wing sluit dus die A­me­ri­kaan­se re­ge­ring se on­der­soek na die saak af, sê Net 1.

Her­man Kotzé, uit­voe­ren­de hoof van Net 1, sê dit is die fi­na­le stap om die maat­skap­py se naam te sui­wer.

Dit stem ook oor­een met die “to­ta­le ge­brek aan be­vin­dings van on­ge­rymd­he­de teen ons deur e­ni­ge hof of re­gu­leer­der in die VSA en Suid-A­fri­ka”, sê hy.

Die A­me­ri­kaan­se re­ge­ring se on­der­soek is af­ge­han­del, sê Net 1.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.