Luuk­se huis in Ky­a­la­mi kom on­der die ha­mer

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) gaan in op­drag van’ n fi­nan­si­ë­le in­stel­ling’ n aan­trek­li­ke vier slaap­ka­mer huis in die ge­sog­te Ky­a­la­mi E­sta­tes in Jo­han­nes­burg op­veil.

Jaco du Toit, hoof van PVA se ei­en­doms­af­de­ling, ver­wag dat die ei­en­dom vinnig gaan ver­koop.

“Dit is ’n prag­ti­ge, groot en luuk­se huis.

“Die feit dat dit in ’n vei­lig­heids­land­goed ge­leë is, ver­hoog die aan­trek­kings­krag.”

Die dub­bel­ver­die­ping­huis in Oak-ry­laan is toe­ge­rus met ul­tra­mo­der­ne toe­be­ho­re.

Die grond­vloer het ’n in­gangs­por­taal, sit­ka­mer, stu­deer­ka­mer, eet­ka­mer, ’n TV-ka­mer met ’n kroeg, ’n kom­buis met ’n op­was­ka­mer, ’n gas­te­toi­let, ’n gas­te­ka­mer met ’n en sui­te-bad­ka­mer en ’n on­der­dak­pa­tio.

Die boon­ste vloer het ’n TV­ka­mer, vier slaap­ka­mers, drie bad­ka­mers waarvan twee en sui­te is en ruim bal­kon­ne.

Die to­ta­le ei­en­dom be­slaan 1 021 m².

Ky­a­la­mi E­sta­tes is sen­traal ge­leë met toe­gang tot ’n mag­dom win­kel­sen­trums en me­die­se en op­voed­kun­di­ge ge­rie­we.

Die land­goed het 24-uur-toe­gangs­be­heer­de se­ku­ri­teit, ’n ten­nis- en muur­bal­baan, ’n klub­huis en 16 par­ke

Die ei­en­dom word op Maan­dag 31 Ju­lie om 11:00 op die per­seel ver­koop.

Vir nog in­lig­ting kan be­lang­stel­len­des PVA kon­tak by 087 150 0521 of die web­werf www.park­vil­la­geaucti­ons.co.za be­soek.

Die luuk­se vier­slaap­ka­mer­huis in Ky­a­la­mi wat vol­gen­de week deur PVA op­ge­veil gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.