Wild­re­ser­vaat per ten­der te kry

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

Roydon, ’n pri­vaat wild­re­ser­vaat na­by Qu­een­stown in die Oos-Kaap, word per ten­der deur BKB Eien­dom­me ver­koop.

Dié ei­en­dom van 1196,7 ha het kon­fe­ren­sie ge­rie­we, ont­wik­ke­lings reg­te en ses boor­ga­te.

Die re­ser­vaat ge­ne­reer ’n in­kom­ste uit die ver­blyf en die kon­fe­ren­sie ge­rie­we en word as ’n lo­pen­de saak ver­koop.

Daar is ver­skeie ge­boue op die ei­en­dom, on­der meer ’n hoof­wo­ning, ’n ses­slaap­ka­mer-lod­ge, tien self­sorg­een­he­de en tien jag­ter­skot­hui­se.

’n Deel van die plaas is ge­her­so­neer vir die ont­wik­ke­ling van 100 er­we, waarvan die eer­ste fa­se van 37 er­we nou te koop is. Huis­plan­ne is ook ont­werp en goed­ge­keur.

Die ei­en­dom is na­by Qu­een­stown, ’n streek wat be­kend is vir sy skil­der­ag­ti­ge om­ge­wing en vol­op wild. Qu­een­stown is ’n ge­ves­tig­de spil met uit­ste­ken­de me­die­se ge­rie­we en sko­le. Dit word ook deur a­von­tu­riers as ’n ba­sis ge­bruik.

Wil­lie van Rens­burg van BKB Eien­dom­me sê die ei­en­dom ver­teen­woor­dig ’n gul­de ge­leent­heid vir ’n ver­nuf­ti­ge sa­ke­per­soon. “Dit het ’n ge­ves­tig­de in­kom­ste­stroom en ont­wik­ke­lings­plan­ne.”

Hy sê dit lok groot be­lang­stel­ling en ’n uit­ste­ken­de re­ak­sie word ver­wag.

Die ei­en­dom kan net per af­spraak be­sig­tig word. Ten­der­do­ku­men­te is by BKB Eien­dom­me te Ce­ci­li­ap­lein, Ce­li­li­a­straat 110, Paarl, be­skik­baar. Die ten­ders sluit op Vry­dag 1 Sep­tem­ber om 12:00 en word om 12:15 die­self­de dag oop­ge­maak.

Vir meer in­lig­ting, be­soek www.bkb.co.za of bel Wil­lie van Rens­burg of Al­bie Loub­ser by on­der­skei­de­lik 083 261 7641 en 082 573 9902.

Die kon­fe­ren­sie­ge­rie­we in die pri­vaat wild­re­ser­vaat na­by Qu­een­stown in die Oos­Kaap wat per ten­der ver­koop word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.