Peu­ge­ot soos Co­lum­bo s’n kom on­der ha­mer

Falk het mo­del vir TV­reeks self ge­kies

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

Wie onthou nog vir lt. Frank Co­lum­bo, daar­die ver­slons­te speur­der met sy ver­waar­loos­de Peu­ge­ot 403 Ca­bri­o­let wat ja­re ge­le­de in die TV-speur­reeks Co­lum­bo te sien was?

Die Fran­se vei­lings­huis I­voi­re Nî­mes gaan net so ’n mo­tor in Au­gus­tus in Nî­mes in die sui­de van Frank­ryk op ’n vei­ling van die hand sit.

Dit sal na ver­wag­ting vir tus­sen £22 000 en £26 000 ver­koop word.

Dié mo­tor in Co­lum­bo is per­soon­lik ge­kies deur die ak­teur Pe­ter Falk en dit was 35 jaar een van die deur­lo­pen­de re­kwi­sie­te in die ge­wil­de speur­reeks.

Aan­vank­lik was Peu­ge­ot al­les­be­hal­we in sy nop­pies met die ver­sle­te mo­del as ad­ver­ten­sie vir sy han­dels­merk. Toe die ak- teur in 2011 oor­le­de is, het die groep wel ’n ad­ver­ten­sie ter her­in­ne­ring ge­plaas.

Die voer­tuig wat on­der die ha­mer gaan kom, het aan To­ny Ca­nal, ’n be­ken­de ver­maak­lik­heid s per­soon en in­wo­ner van Nî­mes, be­hoort. Dié be­faam­de trom­pet­spe­ler het die wê­reld vol ge­toer saam met die san­ger Joe Das sin as sy hoof trom­pet­spe­ler. Sy loop­baan het oor meer as 40 jaar tot met sy dood in 2016 ge­strek.

Die Peu­ge­ot 403 Ca­bri­o­let is dees­dae ge­sog vir sy e­le­gan­sie en skaars­heid. Net 2 043 is tot 1961 ge­maak, ter­wyl meer as 1,2 mil­joen 403-se­dan-mo­del­le ver­vaar­dig is.

Die af­slaan­kap-mo­del was heel­wat duur­der as die 403se­dan­mo­tor. Peu­ge­ot het die af­slaan­kap in agt kleu­re ver­vaar­dig, in­slui­tend ’n rooi weer­ga­we, wat on­ge­woon was en dees­dae ui­ters ge­wild is.

Be­ne­wens die mo­tor gaan ’n Peu­ge­ot 201-koe­pee van 1932 en ’n Citro­ën 2CV Four­go­net­te van 1955 ook on­der die ha­mer kom.

Die vei­ling word op 12 Au­gus­tus om 09:00 by I­voi­re Nî­mes se ver­koopslo­kaal in Nî­mes tus­sen Pro­ven­ce en Ca­mar­gue ge­hou.

Fo­to’s: I­VOI­RE NέMES

Dié Peu­ge­ot 403 Ca­bri­o­let, net soos die een wat in die TV­reeks Co­lum­bo te sien was, word in Sep­tem­ber op­ge­veil.

Pe­ter Falk as lt. Frank Co­lum­bo met sy ver­waar­loos­de Peu­ge­ot 403 Ca­bri­o­let.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.