Hen­dré Mar­nitz ver­ruil jong bul­le vir Wal­lie­se dra­ke

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Hen­dré Mar­nitz, ’n brei­er van die Blou Bul­le, gaan sy loop­baan in Wal­lis voort­sit.

Dit is pre­sies ’n jaar ge­le­de wat die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) Mar­nitz die rug toe­ge­keer het toe daar op die nip­per­tjie be­sluit is hy sal nie meer die Bul­le se hoof­af­rig­ter in die Cur­rie­be­ker-reeks (in 2016) wees nie.

Mar­nitz is aan die ein­de van die 2015-seisoen as die Bul­le se nu­we Cur­rie­be­ker-af­rig­ter aan­ge­wys na­dat Nol­lis Ma­rais as die Su­per­rug­by-brei­er aan­ge­stel is.

Die BBM het so­wat drie we­ke voor die Cur­rie­be­ker-kom­pe­ti­sie be­gin het, ’n U-draai ge­maak toe daar be­sluit is om eer­der vir Ma­rais dié man­daat te gee.

Mar­nitz, wat se­dert­dien by die Bul­le se ju­ni­ors be­trok­ke was, is in­tus­sen as ’n hulp­af­rig­ter van die G­went Dra­gons aan­ge­stel.

Hy sal reeds Maan­dag by sy nu­we rug­by­tuis­te in Ne­w­port aan­meld.

Tal­le Suid-A­fri­kaan­se spelers, on­der wie Za­ne Ki­rch­ner, Sa­rel P­re­to­ri­us en Brok Har­ris speel vir die Dra­gons.

Hen­dré Mar­nitz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.