Kings groet ag­ter­lyn­af­rig­ter: Auf Wie­der­se­hen, Vuyo

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Vuyo Zang­qa, wat van­jaar die Sout­hern Kings se ag­ter­lyn­af­rig­ter was, is op pad Duits­land toe.

“Ek het ’n aan­bod aan­vaar om Duits­land se se­wes­rug­by­span af te rig en be­gin vol­gen­de maand daar­mee in Hei­del­berg,” sê Zang­qa.

Hoe­wel hy hart­seer is om by die Kings weg te gaan, is dit ook vir hom ’n ge­leent­heid om sy stem­pel as hoof­af­rig­ter af te druk.

Zang­qa het vir die B­lits­bok­ke ge­speel en was ook dié span, so­wel as Ke­nia, se hulp­af­rig­ter.

“Ek sien daar­na uit om as hoof­af­rig­ter te werk en dit is ook ’n ver­lig­ting om vir die vol­gen­de vier jaar ’n vas­te kon­trak te hê,” sê Zang­qa.

“Ek het al verlede jaar as kon­sul­tant met die Duit­sers ge­werk, so dit is da­rem ook nie heel­te­mal vreem­de ter­rein nie.”

Vol­gens Zang­qa wil Duits­land bit­ter graag vir die vol­gen­de O­lim­pie­se S­pe­le (2020 in To­kio) kwa­li­fi­seer.

“Ek moet ook pro­beer om Duits­land meer ge­reeld in die Wê­reld­reeks te laat speel,” sê hy.

“My span speel reeds teen die ein­de van Sep­tem­ber in ’n in­ter­na­si­o­na­le toer­nooi in M­ün­chen, so ek sal da­de­lik aan die werk moet spring wan­neer ek in Duits­land aan­land.”

Vuyo Zang­qa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.