GW wil hard­loop­rug­by op­dis

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok

G­rie­kwas wil die Goue Leeus met ho­ë­tem­po-rugby hok­slaan.

Só ver­dui­de­lik Pe­ter Eng­le­dow, af­rig­ter van die Pou­blou­es, die ses ver­an­de­rin­ge, waarvan een po­si­si­o­neel, aan sy span vir mô­re se Cur­rie­be­ker-rug­by­wed­stryd in Jo­han­nes­burg.

Die kap­tein, AJ Coert­zen, skuif van heel­ag­ter na reg­ter­vleu­el in die plek van Koch Marx, wat met ’n knie­be­se­ring langs die kant­lyn is. Eric Za­na be­man nou die laas­te ves­ting.

En­ver Brandt, wat Marx verlede na­week ver­vang het, en vroe­ër die week met ’n rib­be­se­ring ge­suk­kel het, het her­stel en neem die plek van E­de­ries A­rend­se in.

Die der­de ver­an­de­ring in die ag­ter­lyn is George W­hi­te­he­ad wat vir An­dré Swarts op los­ska­kel ver­vang.

“Blackie (Swarts) gee George op­draan­de vir die nr.10trui en kwyt hom goed van sy taak as hy speel. Vir Sa­ter­dag se stryd is George eg­ter die reg­te keu­se,” sê Eng­le­dow.

Voor­langs is ook drie ver­an­de­rin­ge aan­ge­bring.

Wen­dal Wehr het her­stel van die skou­er­be­se­ring wat hom verlede na­week se wed­stryd teen die Blou Bul­le laat misloop het. Hy ver­vang vir RJ Lie­ben­berg aan die kant van die skrum.

Eng­le­dow het vroe­ër die week ge­sê dat hul­le vir Wehr, wat be­kend is as ’n sterk bal­dra­er, in die ne­der­laag teen die Bul­le ge­mis het.

Pie­ter Jan­se van Vuur­en is FP Pel­ser se nu­we slot­maat in die plek van M­z­wa­ne­le Zi­to. Die stut E­wald van der West­hui­zen het van griep her­stel wat hom verlede na­week se wed­stryd laat misloop het. Hy ver­vang vir S­te­phen Kot­ze. Ma­ri­us Fou­rie ver­vang vir AJ le Roux op ha­ker.

Tien spelers in die Goue Leeus se span wat vroe­ër van­dees­maand teen die Pou­blou­es in die kwart­eind­ron­de van die Su­perS­port-uit­daag­reeks ver­loor het, is weer in die Jo­han­nes­bur­gers se be­gin­span in­ge­sluit.

Die agt­ste­man Ja­son Fra­ser (26) gaan voort­aan klu­brug­by in Frank­ryk speel.

Hy het ’n kon­trak van twee jaar met USO Ne­vers ge­sluit.

Goue Leeus: Jaco van der Walt, Ma­dosh Tamb­we, Ja­c­ques Nel, Jar­ryd Sa­ge, An­tho­ny Vol­mink, S­haun Reynolds, Dil­lon S­mit, Ry­an Kan­kow­ski (k), Ro­bert Kru­ger, Ja­mes Ven­ter, Mar­vin O­rie, R­hyno Herb­st, Jus­tin Ac­ker­mann, Pie­ter Jan­sen, Sti Sit­ho­le. PLAAS­VER­VAN­GERS: Mi­ke Wil­lem­se, Andrew Beer­win­kel, Bob­by de Wee, Ha­cji­vah Dayi­ma­ni, Brad­ley T­horn, Aphi­we Dy­an­tyi, S­tok­kies Ha­ne­kom.

G­rie­kwas: Eric Za­na, AJ Coert­zen (k), Ter­ti­us Kru­ger, C­lin­ton Swart, En­ver Brandt, George W­hi­te­he­ad, Chris­ti­aan Mey­er, Jonathan Jan­se van Rens­burg, Si­as Koen, Wen­dal Wehr, Pie­ter Jan­se van Vuur­en, FP Pel­ser, E­wald van der West­hui­zen, Ma­ri­us Fou­rie, Li­am Hen­dricks. PLAAS­VER­VAN­GERS: AJ le Roux, De­von Mar­ti­nus, M­z­wa­ne­le Zi­to, RJ Lie­ben­berg, Re­nier Bo­tha, E­de­ries A­rend­se, Johna­than Franc­ke.

E­wald van der West­hui­zen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.