Troef Hur­ri­ca­nes só

BUL­LE SE PINE GEE LEEUS RAAD

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Laat die Hur­ri­ca­nes om­draai en laat hul­le hui­wer om vinnig op te skiet op die ver­de­di­ging.

Pine Pie­naar, die Bul­le se ver­de­di­gings af­rig­ter, sê daar sal in die Leeu­kuil aan ’n tak­tiek ge­skaaf word om dít mô­re in die Su­per­rug­by-half­eind­stryd teen die Hur­ri­ca­nes te ver­mag.

“Die Hur­ri­ca­nes het die ag­gres­sief ste ver­de­di­gings­li­nie in die kom­pe­ti­sie en plaas jou on­der ge­wel­di­ge druk. Die Leeus het die ver­moë om span­ne om te draai en S­wys en Ac­kers­hul­le sal se­ker­lik ’n plan in die mou voer vir die’ C a nes se op­skiet ver­de­di­ging .”

Pie­naar sê die Hur­ri­ca­nes ver­de­dig an­ders as die res van die Nieu-See­land­se span­ne.

“Hul­le skiet vinnig op in die lyn, maar pro­beer ook om jou ruim­te so vinnig moont­lik van die kant­lyn af te be­perk. Die Hur­ri­ca­nes mik daar­na dat ’n teen­stan­der nie meer as twee of drie aan­geë in die ag­ter­lyn weg­kry nie.

“Hul­le het verlede seisoen (op El­lis­park) twee on­der­skep­drieë ge­druk toe die Leeus weens dié tak­tiek nie mo­men­tum kon kry nie. Die kuns is om hul­le te laat om­draai en aan die raai te hou op die aan­val.”

Die Hur­ri­ca­nes het in die groep­fa­se op twee na die min­ste drieë af­ge­staan – 31 in 15 wed­stry­de.

Dit was net die Leeus (27) en die C­hiefs (30) wat be­ter wal ge­gooi het.

’n On­deur­dring­ba­re muur was verlede jaar een van die Hur­ri­ca­nes se groot­ste troef­kaar­te. Die span van Wel­ling­ton het in die kwart­eind­ron­de, half­eind­ron­de en die eind­stryd teen on­der­skei­de­lik die Haaie, C­hiefs en die Leeus nie ’n en­ke­le drie af­ge­staan nie.

Die kam­pi­oen se to­ta­le oor­heer­sing word on­der­streep met die feit dat vier straf­doe­le die e­nig­ste pun­te teen hom was in dié drie uit­speel­wed­stryd e.

Pie­naar meen die Suid-A­fri­kaan­se span­ne is in ’n oor­gangs­fa­se om ’n ba­lans te vind tus­sen aan­val en ver­de­di­ging.

Die Suid-A­fri­kaan­se fran­chi­ses het dié seisoen in die ge­heel meer op die aan­val ge­waag. Daar is ’n dui­de­li­ke ten­dens dat meer drieë ge­druk word, maar ook meer af­ge­staan word.

’n Span soos die S­tor­mers het in 2016 49 keer hul teen­stan­ders se doel­lyn oor­ge­steek en net 28 drieë in die groep­fa­se af­ge­staan. Van­jaar het die Kaap­se span 64 keer gaan af­rond, maar ook 61 drieë deur­ge­laat.

“Jy wil ’n ba­lans vind, maar dit gaan ook daar­oor om ge­bieds­voor­deel te kry. In hier­die op­sig is die Nieu-See­land­se span­ne ons steeds voor.

“Die Cru­sa­ders het die High­lan­ders Sa­ter­dag (in die span­ne se kwart­eind­stryd) in hul half­ge­bied vas­ge­pen en só die wed­stryd ge­wen.

“Jy moet ge­bieds­voor­deel kry om aan te val en druk op jou teen­stan­der te plaas,” sê Pie­naar.

Fo­to: GAL­LO IMAGES

Die Hur­ri­ca­nes oe­fen gis­ter in Four­ways vir mô­re se Su­per­rug­by­half­eind­stryd teen die Leeus op El­lis­park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.