Mapimpi teen WP los­ge­laat; R­hu­le rus

Beeld - - Sport - O­wen Kock LOUW Vry­staat­C­hee­tahs:

Die Vry­staat-C­hee­tahs se S­pring­bok-vleu­el Ray­mond R­hu­le kry die na­week ’n blaas­kans wat mee­bring dat die Suid-A­fri­kaan­se A-span se vleu­el Makazole Mapimpi sy bui­ging vir hul­le sal maak.

Mapimpi en die heel­ag­ter Mal­colm Ja­er, wat hul­le Maan­dag van­af die Sout­hern Kings by die Vry­staat aan­ge­sluit het, is twee van die agt ver­an­de­rin­ge (waarvan een po­si­si­o­neel) in die 22tal.

Die Vry­staat speel Son­dag in Bloem­fon­tein in sy twee­de Cur­rie­be­ker-wed­stryd van die reeks teen die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie.

Ja­er is op die plaas­ver­van­gers­bank ge­kies in die plek van Ce­cil A­fri­ka, wat verlede week sy Cur­rie­be­ker-bui­ging vir die Vry­staat ge­maak het.

“Dit was no­dig dat Ray­mond dié week rus­kans kry. Hy het ’n taai Su­per­rug­by-veld­tog ag­ter die rug en het ook verlede week in ons eer­ste Cur­rie­be­ker-wed­stryd ge­speel. Daar­na is hy reg­uit na die S­pring­bok-oe­fen­kamp toe. Mapimpi is ’n op­win­den­de spe­ler en hy het ’n goeie Su­per­reeks saam met die Kings ge­had. Ons sien uit na sy by­drae,” sê Ro­ry Dun­can, af­rig­ter van die Vry­staat.

R­hu­le, die kap­tein en sen­ter, Fran­cois Ven­ter, Ou­pa Mo­ho­jé, U­zair Cas­siem en Ox N­che het hul­le gis­ter­og­gend by die Vry­staat-groep se voor­laas­te oe­fe­ning aan­ge­sluit. Hul­le was se­dert Maan­dag by’ n S­pring­bok­kon­di­si­o­ne­ring s kamp in S­tel­len­bosch.

Wat die ver­an­de­rin­ge in die agt­tal be­tref, keer die Bok-flank Mo­ho­jé te­rug na die be­gin­span in die plek van Cas­siem, wat op sy beurt op agt­ste­man uit­draf in die plek van Hen­co Ven­ter. Laas­ge­noem­de neem Chris Dry se plek op die plaas­ver­van­gers ban kin.

Jus­tin Bas­son ver­vang die slot Carl Weg­ner en in die voor­ry ver­vang Tom Bo­tha vir Ara­nos Coet­zee.

Die ander ver­an­de­ring op die bank is die ve­te­raan Rayno Ben­ja­min, wat JW Jon­ker ver­vang.

Dun­can sê dit was glad nie mak­lik om sy be­gin­span vir dié be­lang­ri­ke wed­stryd saam te stel nie.

Hy het ver­al kop­ge­krap oor die weg­la­ting van Weg­ner, wat las van ’n lig­te dy­spier­be­se­ring het wat hom hoog­stens ’n week langs die kant­lyn sal hou.

“Hy het die be­se­ring vroe­ër die week op­ge­doen en het in­slui­ting in die span net-net mis­ge­loop. Ons het be­sluit om hom eer­der te laat rus en hom heel­te­mal reg te hê vir ons vol­gen­de wed­stryd.

“Voete (Jus­tin Bas­son) kry nou sy kans in die be­gin­span en dan was daar ’n spe­ler soos Ar­mandt Kos­ter wat ook ver­kies­baar was. Al die spelers tot ons be­skik­king lyk tans goed,” sê die brei­er.

Hy het ’n lan­sie ge­breek vir Ja­er en Ben­ja­min wat hy op die bank ge­kies het.

“Ja­er het ’n be­lang­ri­ke rol vir die Kings in die Su­per­reeks ge­speel en ons hoop hy kan dié rol nou ook vir ons ver­vul.

“Ek is op­ge­won­de om B­en­ji op die veld te sien. Hy is een van die oud­ste en mees er­va­re spelers in die groep en hy is ook ’n goeie lei­er.”

AJ Ja­cobs is die skeids­reg­ter vir Son­dag se wed­stryd, wat om 14:30 af­skop.

) Clay­ton Blom­me­tjies, Ro­sko S­pe­cman, Fran­cois Ven­ter (k), Wil­li­am S­mall­S­mith, Makazole Mapimpi, Niel Ma­rais, S­haun Ven­ter, U­zair Cas­siem, Ou­pa Mo­ho­je, Niell Jor­daan, Re­niel Hugo, Jus­tin Bas­son, Tom Bo­tha, Jo­seph D­we­ba, C­har­les Ma­rais. PLAAS­VER­VAN­GERS: Ox N­che, Rei­nach Ven­ter, Ry­nier Ber­nar­do, Hen­co Ven­ter, Zee Mk­ha­be­la, Rayno Ben­ja­min, Mal­colm Ja­er.

Fo­to: MLUN­GI­SI

Makazole Mapimpi word Son­dag in Bloem­fon­tein teen die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie los­ge­laat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.