Ru­an Bo­tha: Van rooi­kaart tot Haaie se kap­tein

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die slot Ru­an Bo­tha sal die Haaie mô­re die eer­ste keer op die veld lei wan­neer hul­le die Pu­mas vir’ n Cur­rie be­ker­wed­stryd in Dur­ban ver­wel­kom.

Bo­tha het op 24 Ju­nie laas rugby ge­speel toe hy vir die Suid-A­fri­kaan­se A-span teen die Fran­se Bar­ba­ri­ans uit­ge­draf het. Hy het ’n rooi­kaart vir ’n ge­vaar­li­ke duik­slag ge­kry en is ge­volg­lik ge­skors.

Die Haaie se Su­per­rug­by­kap­tein, P­hi­lip van der Walt, is een van vier spelers wat nie vir die Dur­ba­nie­te in die Cur­rie­be­ker­reeks be­skik­baar is nie, om­dat hy in Ja­pan vir die Ca­non Eag­les gaan speel. L­wa­zi M­vo­vo (Ca­non Eag­les), S­te­phan Le­wies (Ka­mais­hi Se­a­wa­ves) en An­dré Ester­hui­zen (Sa­nix Blu­es) is ook vir klu­brug­by in Ja­pan.

Kee­gan Da­niel het die span verlede week teen die Vry­staat­C­hee­tahs aan­ge­voer in die af­we­sig­heid van ver­skeie sleu­tel­spe­lers wat in die Su­per­rug­by­reeks se kwart­eind­stryd teen die Leeus in ak­sie was.

Die Haaie se brei­er, Ro­bert du P­reez, het 11 spelers wat in die kwart­eind­stryd in ak­sie was vir mô­re se be­gin­span ge­kies.

spelers op die Haaie se plaas­ver­van­gers bank het ook van­jaar Su­per­rug­by ge­speel en of­skoon Bo­tha nie verlede week teen die Leeus in ak­sie was nie, was hy deur die loop van die seisoen een van die span se uit­staan­de spelers.

Du P­reez het ook be­sluit om vir Luk­ha­nyo Am, wat in die Su­per­reeks Ester­hui­zen se bui­te­sen­ter was, na bin­ne­sen­ter te skuif. Hy en Je­re­my Ward sal die mid­del­veld be­man.

Die Kings se vas­kop­stut, Ross Gel­den­huys, sal soos verlede week die skrum an­ker.

Du P­reez sê die te­leur­stel­ling van die kwart­eind­stryd is nou iets van die verlede. “Dit is sleg dat ons nie die na­week in ’n Su­per­rug­by-half­eind­stryd speel nie, maar dit is nou ge­skie­de­nis. Ons moet nou op die Cur­rie­beSes ker­reeks fo­kus. Ons het ’n jong groep wat uit­sien na die reeks.”

Die v­leu­els Ko­bus van Wyk en Sbu N­ko­si en Ward sal al­mal hul Cur­rie­be­ker-bui­ging maak. ) Haaie: Garth A­pril, Ko­bus van Wyk, Je­re­my Ward, Luk­ha­nyo Am, Sbu N­ko­si, Curwin Bosch, Mi­cha­el Claas­sens, Dan du P­reez, Je­an­Luc du P­reez, Kee­gan Da­niel, Ru­an Bo­tha (k), Hy­ron Andrews, Ross Gel­den­huys, C­hi­li­boy Ra­le­pel­le, T­ho­mas du Toit. PLAAS­VER­VAN­GERS: Fran­co Ma­rais, Ju­an Schoeman, Ty­ler Paul, Te­ra M­tem­bu, Ja­c­ques Ver­meu­len, Cameron W­rig­ht, In­ny Ra­de­be.

Je­re­my Ward

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.