S­wys laat ‘nu­we’ ag­ter­lyn los

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die Goue Leeus is meer spier­krag ge­gee vir mô­re se Cur­rie­be­ker-stryd teen die G­rie­kwas op El­lis­park.

S­wys de Bruin, af­rig­ter van die Leeus se Cur­rie­be­ker­span, het ses ver­an­de­rin­ge aan­ge­bring aan die uit­ge­dun­de span wat verlede week teen die Pu­mas in Nel­spruit ver­loor het.

Die krag­me­ting met die Pou­blou­es sal dien as ’n voor­wed­stryd vir die Leeus en Hur­ri­ca­nes se Su­per rugby half­eind­stryd.

Vier van die ses ver­an­de­rin­ge is in die ag­ter­lyn, met Dil­lon S­mit wat die be­seer­de Mar­co Jan­se van Vuur­en op skrum­ska­kel ver­vang, Ja­c­ques Nel wat op sen­ter in­skuif in die plek van S­tok­kies Ha­ne­kom en die er­va­re An­tho­ny Vol­mink wat op lin­ker­vleu­el be­gin.

Jaco van der Walt neem by Ashlon Da­vids as heel­ag­ter oor.

Voor­langs is Jus­tin Ac­ker­mann die nu­we vas­kop­stut ten kos­te van Andrew Beer­win­kel, ter­wyl Ro­bert Kru­ger vir Ja­no Ven­ter as flank ver­vang.

Vir die Leeus sal dit be­lang­rik wees om hul eer­ste tuis­wed­stryd met ’n oor­win­ning te be­gin. Val hul­le weer vas – en met die Blou Bul­le wat die daar­op­vol­gen­de na­week in P­re­to­ria op hul­le wag – kan die Leeus som­mer vroeg-vroeg in die reeks ’n be­dui­den­de ag­ter­stand hê as hul­le nie die om­ge­suk­kel­de Noord-Ka­pe­naars kan baas­raak nie.

Beer­win­kel, Ha­ne­kom en die vleu­el Aphi­we Dy­an­tyi, wat al­mal in die be­gin­span teen die Pu­mas was, be­vind hul­le van­dees­week op die plaas­ver­van­gers bank.

Jaco van der Walt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.