Ha­mil­ton kan S­chu­mi­re­kord e­we­naar

Beeld - - Sport -

As al­les vol­gens plan ver­loop, sal Le­wis Ha­mil­ton die na­week een van Mi­cha­el S­chu­ma­cher se re­kords e­we­naar én For­mu­le Een se so­mer­va­kan­sie met ’n voor­sprong op die pun­te­lys van die wê­reld­kam­pi­oen­skap s­reeks bin­ne­gaan.

Hoe­wel dié B­rit­se ren­ja­er van die Mer­ce­des­span nog ’n lang pad moet stap om S­chu­ma­cher se 91 F1­se­ges te oor­tref, kan hy mô­re, met kwa­li­fi­se­ring vir die Hon­gaar­se Grand P­rix in Boe­da­pest, die 68ste keer die voor­ste plek op die weg­spring­roos­ter be­klink en so­doen­de met die Duit­se le­gen­de ge­lyk t­rek.

’n 58ste Grand P­rix­oor­win­ning vir Ha­mil­ton en ’n ses­de se­ge op die Hun­ga­r­o­ring sal ook ver­se­ker dat dié B­rit ’n voor­sprong van min­stens ses pun­te op Fer­ra­ri se Se­bas­ti­an Vet­tel sal op­bou.

Vet­tel, ’n vier­ma­li­ge wê­reld­kam­pi­oen, gee die pas in die wê­reld­kam­pi­oen­skap s reeks aan se­dert hy in Maart die Aus­tra­lie­se Grand P­rix ge­wen het, maar dié Duit­ser is ná tien uit 20 wed­ren­ne net ’n en­ke­le punt voor Ha­mil­ton.

In die stryd om die ver­vaar­di­gers­ti­tel is Mer­ce­des, ná ’n sterk ver­to­ning op Sil­vers­to­ne, met 55 pun­te voor Fer­ra­ri.

Mer­ce­des se span­baas, To­to Wolff, sê eg­ter sy span moet daar­teen waak om mee­ge­voer te raak met hul on­lang­se suk­ses. “So­dra jy be­gin sê jy’s die guns­te­ling, kom jy by die vol­gen­de wed­ren en word jy op jou plek ge­sit.”

Oor Ha­mil­ton se stryd teen Vet­tel, sê Wolff dit sal lek­ker wees as sy nom­me­reen­ja­er met ’n voor­sprong kan gaan va­kan­sie hou, maar dít be­te­ken niks in ter­me van wie uit­ein­de­lik die wê­reld­kam­pi­oen sal wees nie. Vol­gens hom is daar nog 250 pun­te op die spel en is dit dus ho­pe­loos te vroeg om te voor­spel wie die wê­reld­ti­tel gaan ver­o­wer.

Vet­tel sal ook die Hon­gaar­se Grand P­rix met ’n po­si­tie­we in­ge­steld­heid be­na­der. Hy het in 2015 dié wed­ren ge­wen na­dat Ha­mil­ton voor weg­ge­spring het. – Reuters

Le­wis Ha­mil­ton kan mô­re een van Mi­cha­el S­chu­ma­cher se For­mu­le Een­re­kords e­we­naar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.