‘Meer mei­sies wil dalk nou speel’

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Moe­nie van ons ver­geet nou­dat die Wê­reld­be­ker­toer­nooi ver­by is nie!

Dit is die plei­dooi van Dané van Nie­kerk, die kap­tein van Suid-A­fri­ka se vrou­e­krie­ket­span.

Dié span het baie nu­we on­der­steu­ners by­ge­kry dank­sy ’n paar uit­mun­ten­de ver­to­nings in die on­lang­se WB-toer­nooi wat in En­ge­land ge­hou is.

Van Nie­kerk (24) en haar span­maats was bit­ter on­ge­luk­kig om teen En­ge­land in die half­eind­ron­de vas te val.

Sy en die snel­bou­ler Ma­ri­zan­ne Kapp (27) is ook ná die toer­nooi in die so­ge­naam­de Droom­span in­ge­sluit.

Die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie K­rie­ket­u­nie het dié twee Oos-Ka­pe­naars gis­ter te­rug­ver­wel­kom.

“Die Wê­reld­be­ker­toer­nooi was eint­lik die eer­ste keer dat ons so­veel TV-dek­king ge­kry het,” sê Van Nie­kerk.

“Dis baie an­ders as dat ons on­der­steu­ners na C­ri­cin­fo (op die in­ter­net) moet gaan en daar gaan kyk of ons ge­wen of ver­loor het. Nou kon hul­le self sien hoe ons speel. Hul­le kon ons vaar­dig­he­de en har­de werk aan­skou.”

Van Nie­kerk en Kapp sê ho­pe­lik het hul ver­to­nings meer mei­sies – en vroue – ge­ïn­spi­reer om ook krie­ket te speel.

“As ons kan aan­hou om sul­ke bloot­stel­ling te kry, kan dit vrou­e­krie­ket ge­wel­dig baie help,” sê Van Nie­kerk.

“Dit (die WB-toer­nooi) was nou op Su­perS­port, maar dalk moet die SABC ook na die par­ty­tjie toe kom, want daar is baie ky­kers wat nie Su­perS­port het nie en wat ons dan op die SABC-ka­na­le kan dop­hou.”

Die bloot­stel­ling wat die vroue in al­le soor­te me­dia ge­kry het, was by­na oor­wel­di­gend.

“Men­se her­ken ons nou skie­lik,” sê Kapp.

“Voor die Wê­reld­be­ker­toer­nooi het dit soms ge­voel of baie men­se nie eens ge­weet het ons land het ’n vrou­e­krie­ket­span nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.