Ho­kaai eers met Ja­pan in Rug­by­kam­pi­oen­skap

Beeld - - Sport -

Ja­pan kan dalk een­dag oor­weeg word om aan die Rug­by­kam­pi­oen­skap deel te neem, maar die fo­kus is vir eers daar­op om die me­de­din­gend­heid van hul Su­per­rug­by­span, die Sun­wol­ves, te ver­be­ter.

Só sê S­te­ve Tew, uit­voe­ren­de hoof van Nieu­See­land Rugby.

Ja­pan sal in 2019 A­sië se eer­ste Wê­reld­be­ker aan­bied. A­gus­tín Pi­chot, Wê­reld­rug­by se ad­junk­voor­sit­ter, is gre­tig om meer ge­leent­he­de vir ont­ wik­ke­len­de rug­by­lan­de te skep.

Tew stem saam dat Ja­pan uit ge­reel­de me­de­din­ging sal baat, maar meen dis te gou om die span ge­reeld teen Nieu­See­land, Aus­tra­lië, SuidA­fri­ka en Ar­gen­ti­nië te laat speel.

“Dit sal in ’n sta­di­um op die ta­fel wees wan­neer hul­le kan mee­ding.

“Tans is San­zaar se fo­kus daar­op om se­ker te maak die Sun­wol­ves kan in Su­per­rug­by me­de­din­gend wees,” sê Tew. – Reuters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.