Goeie plaas­li­ke boks­ge­veg­te die na­week te sien

Beeld - - Sport -

Ver­skeie goeie boks­ge­veg­te kan oor die vol­gen­de paar dae in drie plaas­li­ke toer­nooie ge­sien word.

Die eer­ste toer­nooi vind mô­re­aand in Oos­ Lon­den­se In­ter­na­si­o­na­le Kon­fe­ren­sie­sen­trum plaas.

Gi­de­on But­he­le­zi gaans y su­per­vlieg ge­wig ti­tel van die In­ter­na­si­o­na­le Boks­or­ga­ni­sa­sie teen Ry­an Rey Pon­te­ras van die Fi­lip­py­ne ver­de­dig. In ’n voor­ge­veg kom die on­oor­won­ne ka­pok­ge­wig M­z­vu­ki­le Mag­wa­ca teen Ye­s­ner Ta­la­ve­ra van Ni­ca­ra­gua te staan. Son­dag is daar nog ’n toer­nooi in Oos­Lon­den met To­to He­le­be wat sy SA ka­pok­ge­wig­ti­tel teen Ce­bo N­ge­ma in die O­rient­a­re­na ver­de­dig. ’n Ont­wik­ke­lings toer­nooi word Son­dag in die L­wand­le­ ge­meen­skap saal in die Strand ge­hou.

Op die in­ter­na­si­o­na­le front is daar baie be­lang­stel­ling in mô­re se ge­veg tus­sen A­drien Bro­ner en Mi­key Gar­cia in New York. – Mi­cha­el G­reen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.