Ver­non sit nie pot mis op O­val

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Ver­non P­hi­lan­der het gis­ter net wéér ge­wys hoe be­lang­rik hy vir die Pro­te­as is.

En­ge­land het 171/4 met die uit­skei­tyd op die eer­ste dag van die der­de krie­ket­toets teen Suid-A­fri­ka op die O­val in Lon­den be­reik, na­dat spel weens re­ën af­ge­las is.

Maar dit kon véél er­ger vir die tuis­span ge­wees het as Suid-A­fri­ka se bes­te bou­ler nie vroe­ër die dag met ’n maag­aan­doe­ning ge­wor­stel het nie.

P­hi­lan­der (32) was die Spe­ler van die Wed­stryd vir sy ver­to­ning met kolf en bal in die twee­de toets in Not­ting­ham. Dit was gis­ter eg­ter in sy af­wé­sig­heid waar P­hi­lan­der (2/17 in 12 beur­te) se waar­de éérs on­der­streep is.

Die Ka­pe­naar het vier uit­ste­ken­de beur­te aan die be­gin van die dag ge­boul waar­in hy slegs twee lo­pies af­ge­staan het en nog­maals Ke­a­ton Jen­nings (0) se paal­tjie ge­neem het.

Hy is eg­ter toe vir meer as ’n uur van die veld met ’n om­ge­krap­te maag. Dit het be­te­ken dat hy ná die mid­dag­e­te vir ’n uur ook nie kon boul nie.

In daar­die twee uur het En­ge­land net twee paal­tjies ver­loor in toe­stan­de wat P­hi­lan­der soos ’n hand­skoen sou pas.

In die twee­de boul­beurt ná sy te­rug­keer, het P­hi­lan­der die per­fek­te af­le­we­ring na En­ge­land se bes­te kol­wer, Joe Root (29), af­ge­stuur. Die bal het in lyn met die mid­del­pen ge­land en van die naat weg­be­weeg. Root het net ’n bui­te­rand by­ge­kry en Quin­ton de Kock het ’n uit­ste­ken­de vang­kans ag­ter die pen­ne be­nut. Sy boul­sy­fers toe was 2/3 in sy 6de beurt.

Met die tee­pou­se was sy ont­le­ding ’n ver­stom­men­de 9-5-8-2 en hy het die druk aan­hou­dend op die tuis­kol­wers ge­laai.

On­ge­luk­kig het P­hi­lan­der gis­ter min on­der­steu­ning van sy boul­kol­le­gas ge­kry.

Die drie ander blit­se, Mor­né Mor­kel (0/48), Ka­gi­so Ra­ba­da (1/32) en Chris Mor­ris (1/48), was te wis­sel­val­lig om waar­lik die goeie boul­toe­stan­de uit te buit. Hul­le het voor die mid­dag­e­te erg ge­suk­kel.

Ver­al Mor­kel het gans te kort en wyd ge­boul en die En­gel­se kol­wers toe­ge­laat om te veel af­le­we­rings bui­te die weg­pen met rus te laat.

Ra­ba­da was ook rond en bont met sy rig­ting en leng­te, maar hy het die af­le­we­ring van die dag ge­boul om Da­wid Ma­lan se eer­ste toets­beurt op 1 te be­ëin­dig.

’n Ver­bluf­fen­de streep­bal, wat te­rug­ge­swaai het na die hot­klou, het nie net dié voor­ma­li­ge Paar­liet van sy voete ge­boul nie, maar ook sy weg­pen wind­skeef laat staan.

En­ge­land het wel met veel gro­ter durf en fo­kus ge­kolf as in die eer­ste twee toet­se.

Die ve­te­raan Alas­tair Cook (82* van 178 bal­le; 10x4) ver­dien baie lof vir die ma­nier waar­op hy die En­gel­se beurt on­der druk ge­an­ker het.

Hy is ma­le son­der tal bui­te die weg­pen ge­klop, maar het hom nie van stryk laat bring nie. Ben S­to­kes (21*) sal van­og­gend saam met hom die beurt her­vat.

Fo­to: GET­TY IMAGES

Wel­kom in toets­krie­ket! Die oud­Paar­liet Da­wid Ma­lan word in sy de­buut­toets vir 1 deur Ka­gi­so Ra­ba­da ge­boul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.