Le Clos in ek­sta­se oor sy te­rug­veg­se­ge; sê dit was vir sy ou­ers

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Ma, pa, dié een is vir jul­le.

C­had le Clos het Woens­dag­aand sy goue me­dal­je in die 200 me­ter-vlin­der­slag by die Wê­reld­swem­by­een­koms in Boe­da­pest aan sy ou­ers op­ge­dra. Kan­ker is verlede jaar by sy pa, Bert, so­wel sy ma, Ge­ral­di­ne, ge­di­ag­no­seer.

Le Clos was ná sy se­ge in 1 mi­nuut 53.33 se­kon­des oog­lo­pend aan­ge­daan.

“Dit was on­ge­loof­lik. Ek het pro­beer om nie e­mo­si­o­neel te wees nie. Ek het voor die tyd my pa ge­sê ek gaan pro­beer om nie te huil nie, maar dit was so ’n mooi oom­blik,” sê Le Clos.

“Kan­ker is verlede jaar by my pa én ma ge­di­ag­no­seer en ons het ge­vrees my ma sou dit nie maak nie. My ou­ers se ge­sond­heid is be­lang­ri­ker as ’n goue me­dal­je. Sy het dit ge­maak om­dat sy ’n veg­ter is en van­aand (Woens­dag­aand) het ek vir haar en my ge­sin ge­veg,” sê hy.

Le Clos het verlede jaar deur diep wa­ters ge­gaan. Nie net was sy ou­ers siek nie, maar hy moes ook met die vier­de plek in die 200-vlin­der­slag op die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro te­vre­de wees. Dít na­dat hy dié i­tem in 2012 by die S­pe­le in Lon­den ge­wen het.

“Hier­die is een van die spe­si­aal­ste oom­blik­ke van my loop­baan. Dit is my te­rug­veg-se­ge. Verlede jaar was om ver­skeie re­des moei­lik – my ou­ers was siek en Rio was te­leur­stel­lend. Nou is my fa­mi­lie weer piek­fyn en ek is weer bo. Vi­va, SuidA­fri­ka, die ko­ning is te­rug!

“Die toe­skou­ers was on­ge­loof­lik; dit het ge­voel as­of ek in ’n sok­ker­sta­di­on is. Ek wou graag sterk be­gin en die voor­tou be­vir in die der­de leng­te en ho­pe­lik uit­hou aan die ein­de. Ek het ge­weet László (C­seh) gaan kom vir my. So ek is baie te­vre­de dat ek eer­ste aan die muur kon raak,” sê Le Clos.

Die Ka­pe­naar het ook sy nu­we af­rig­ter, And­rea de Ni­no, vir sy werk die af­ge­lo­pe ses maan­de be­dank. Le Clos s­wem van­og­gend in die uit­dun­ne van die 100 me­ter-vlin­der­slag. Die eind­ron­de word mô­re­aand be­slis.

Hy was nie die e­nig­ste SuidA­fri­ka­ner wat Woens­dag­aand ’n me­dal­je ge­wen het nie. Cameron van der Burgh (29) het die brons­me­dal­je in die 50-bors­slag in 26.60 se­kon­des ge­wen.

Die B­rit A­dam Pe­a­ty het die kol­lig eg­ter op hom laat skyn in dié i­tem. Pe­a­ty (22) het sy eie wê­reld­re­kord in die uit­dun­ne én die half­eind­ron­de (tot 25.95) ver­be­ter. Hy het goud in 25.99 ge­wen.

“Ek dink ek moet uit­tree en oor ’n paar jaar te­rug­keer wan­neer hy (Pe­a­ty) ou­er is,” het Van der Burgh vol­gens S­port24 ge­skerts.

“Dit is baie in­druk­wek­kend. Dit is nie eens meer bors­slag nie, sy slag is ’n ti­pe kom­bi­na­hou sie van bors- en vlin­der­slag. Jy moet baie krag hê om só te s­wem,” sê hy.

Nie een van die drie SuidA­fri­ka­ners wat gis­ter­og­gend in ak­sie was – Mar­tin Bi­ne­dell, Kay­le­ne Cor­bett en E­rin Gal­lag­her – kon ver­der as die uit­dun­ne vor­der nie. Ayr­ton S­ween­ey het nie aan die 200-bors­slag deel­ge­neem nie.

Be­ne­wens Le Clos s­wem Za­ne Wad­del en Doug­las Eras­mus van­dag in die 50 me­ter-vry­slag.

Sa­man­tha Rand­le s­wem in die 200-rug­slag en Ka­te Be­a­von neem aan die 800-vry­slag deel.

) )

Fo­to: REUTERS

C­had le Clos neem ’n oom­blik om sy se­ge in die 200 m­vlin­der­slag by die Wê­reld­by­een­koms in te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.