S­pring­bok­ke hoop­vol oor W­hi­te­ley

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Die S­pring­bok-be­stuur­span is vol hoop dat die kap­tein, War­ren W­hi­te­ley, be­tyds van sy lies­be­se­ring sal her­stel vir die eer­ste toets in van­jaar se Rug­by­kam­pi­oen­skap op 19 Au­gus­tus teen Ar­gen­ti­nië in Port E­li­za­beth.

Dr. Kon­rad von Ha­gen, die Bok­ke se span­dok­ter, het eg­ter be­ves­tig dat daar geen kans is dat W­hi­te­ley aan­staan­de week vir ’n moont­li­ke Su­per­rug­by-eind­stryd be­skik­baar sal wees nie.

“War­ren gaan tyd no­dig hê om van sy be­se­ring te her­stel en hy sal ho­pe­lik fiks wees vir die Rug­by­kam­pi­oen­skap. Op hier­die tyd­stip werk ons week­liks in oor­leg­ple­ging met die Leeus,” sê Von Ha­gen.

Hy was aan die woord in ’n nuus­ver­kla­ring wat die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie uit­ge­reik het ná ’n Bok­kon­di­si­o­ne­rings­kamp in S­tel­len­bosch.

In ander nuus uit die kamp word ge­sê dat die los­ska­kel

Han­dré Pol­lard “goeie vor­de­ring” maak na­dat hy on­langs ’n klein o­pe­ra­sie aan sy en­kel on­der­gaan het.

“Han­dré het be­gin met hard­loop­oe­fe­nin­ge en sy werk­la­ding sal ge­lei­de­lik ver­meer­der word. Hy het aan oe­fen­ses­sies deel­ge­neem en ek­stra re­ha­bi­li­ta­sie- en fiks­heids­oe­fe­nin­ge ge­doen,” sê Von Ha­gen.

“Ons sal voort­gaan om sy vor­de­ring week­liks te mo­ni­tor. Ek is te­vre­de met die al­ge­he­le kon­di­si­o­ne­ring van die groep.”

Von Ha­gen het by­ge­voeg dat van­dees­week se kamp ’n “uit­ste­ken­de ge­leent­heid” was om die spelers se me­die­se toe­stand, fiks­heid en kon­di­si­o­ne­ring te e­va­lu­eer.

Bui­ten vir die S­tor­mers se S­te­ven Kits­hoff is geen van die Leeus, S­tor- mers of Haaie se spelers vir die kamp oor­weeg nie. Dit was van­weë hul deel­na­me aan die uit­klop­ron­des in die Su­per­reeks.

Al die be­trok­ke spelers was deel van die Bok-groep vir Ju­nie se reeks teen Frank­ryk of die SA A-groep wat teen die Fran­se Bar­ba­ri­ans ge­speel het.

Vol­gens Al­lis­ter Coet­zee, die Bok-af­rig­ter, is al die doel­wit­te be­reik wat vir die vier­daag­se kamp ge­stel is.

“Dié kamp was be­lang­rik, want van ons spelers sal met die be­gin van die Rug­by­kam­pi­oen­skap reeds vir 35 dae bui­te ak­sie wees,” sê Coet­zee.

“Ons het ge­noeg tyd ge­had om op die spelers se vaar­dig­he­de en teg­nie­se be­na­de­ring te fo­kus. Die uitdagings van die Rug­by­kam­pi­oen­skap is baie an­ders as dié teen Frank­ryk.”

War­ren W­hi­te­ley

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.