Bier­man­skap Leeu­ple­sier te­rug

‘HIER OM TE BLY’ ‘Pa­se help met ho­ër ver­ko­pe’

Beeld - - Voorblad - Han­lie S­tad­ler

Li­on La­ger is te­rug – dié keer per­ma­nent.

Dié bier, wat vir die eer­ste keer in 1912 ge­brou is en in die 1970’s en 1980’s SABMil­ler se top­ver­ko­per was, is se­dert Au­gus­tus verlede jaar weer op drank­win­kels se rak­ke, aan­vank­lik as ’n proef­ne­ming.

Maar hy het gou sy stem­pel af­ge­druk en vol­gens An­he­u­serBusch InBev (AB InBev) rok­kel Li­on La­ger mark­aan­deel van goed­koop wyn en spi­ri­tu­a­lieë af.

Ro­byn C­hal­mers, di­rek­teur van kom­mu­ni­ka­sie van AB InBev en SAB, sê daar was aan­vank­lik ’n be­perk­te aan­bod van Li­on La­ger, maar dis nou hier om te bly.

Dié han­dels­naam bied ’n “waar­de-op­sie aan bier­lief­heb­bers”, sê C­hal­mers.

Li­on La­ger is vir die eer­ste keer ge­brou as hul­de­blyk aan An­ders Ohls­son. Ohls­son het die ou Ca­pe B­re­we­ries in 1889 ge­koop en dit om­ge­skep in Ohls­sons Ca­pe B­re­we­ries, wat la­ter deur SAB ge­koop is.

Li­on is be­gin 2000 van die mark ge­haal, weer in Ok­to­ber 2000 be­kend ge­stel en weer in Maart 2003 ont­trek. Se­dert­dien het dit pe­ri­o­diek ty­de­lik te­rug­ge­keer vir be­mar­kings­veld­tog­te in die Kers- of Paas­tyd, on­der meer in 2014.

Die be­mar­king van Li­on sal dalk nou ’n bie­tjie an­ders daar uit­sien as van­te­vo­re, aan­ge­sien ver­brui­kers se be­hoef­tes ver­an­der het se­dert Li­on voor­heen in die mark was, sê C­hal­mers.

Die bier is in ’n 750 ml-bot­tel, ’n 330 ml- in­ruil­ba­re bot­tel, ’n pak van ses 500 ml-blik­kies en ’n pak van 12 500 ml-blik­kies in die mees­te drank­win­kels te koop.

AB InBev, wat SABMil­ler in 2016 ge­koop het, sê in sy re­sul­ta­te vir die twee­de kwar­taal van sy boek­jaar (tot ein­de Maart) sy in­kom­ste uit Suid-A­fri­ka het in die kwar­taal met 13,4% ge­styg. Die tyds­be­re­ke­ning van Paas­fees, wat in die twee­de kwar­taal van die jaar ge­val het, het die ver­ko­pe ’n groot hup­stoot ge­gee.

En dis nie net dat bier­pry­se ge­styg het nie – Suid-A­fri­ka­ners het in die twee­de kwar­taal 10,8% meer van AB InBev se bier ge­drink as in die so­mer­kwar­taal. AB InBev se in­kom­ste per hek­to­li­ter het met 2,4% ge­styg.

Vir die vol­le half­jaar het sy in­kom­ste met 9,7% ge­styg en sy in­kom­ste per hek­to­li­ter met 5,1%. Die to­ta­le vo­lu­me bier was 4,4% meer as in die­self­de helf­te van 2016.

AB InBev sê Suid-A­fri­ka­ners proe lus­tig aan sy duur­der, in­ge­voer­de bie­re, S­tel­la Ar­tois en Coro­na. Budwei­ser word ook bin­ne­kort in Suid-A­fri­ka be­kend ge­stel.

Wat plaas­li­ke bie­re be­tref, bly Cas­t­le Li­te op die po­di­um met ’n sterk sty­ging in ver­ko­pe vir die so­veel­ste jaar.

Vol­gens AB InBev het Car­ling Black La­bel ook goed ge­vaar dank­sy me­de­din­gen­de pry­se en goeie mul­ti­me­di­a­be­mar­king by sok­ker.

Die suur­le­moen- of ap­pel-ge­geur­de bier F­lying Fish het vol­gens AB InBev mark­aan­deel ge­wen wat van­te­vo­re aan si­ders af­ge­staan is.

Selfs die man­ne op die grens het af en toe ’n Li­on ge­niet.

Fo­to’s: PINTEREST

Ou Li­on La­ger­ad­ver­ten­sies.

’n Li­on­ad­ver­ten­sie van die 1950’s.

Fo­to: AB INBEV

Die nu­we ver­pak­king van ’n ou bier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.