Gup­tas nie gou vas

Beeld - - Voorblad - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die Suid-A­fri­kaan­se ba­te be­stuur s fir­ma Syg n i ai sop die punt om KPMG as sy ou­di­teur af te dank weens sy be­trok­ken­heid by die Gup­tas.

Mag­da Wier­zycka, uit­voe­ren­de hoof van Syg­nia, het gis­ter ge­sê KPMG se diens­te sal waar­skyn­lik be­ëin­dig word so­dra die laas­te di­rek­teur, wat tans oor­see reis, sy stem by dié van die an­der di­rek­teu­re van die maat­skap­py voeg.

Wier­zycka is gis­ter ge­loof ná die aan­vank­li­ke be­rig­te dat Syg­nia KPMG reeds af­ge­dank het. Sy het eg­ter by na­vraag ge­sê KPMG is nog nie af­ge­dank nie.

“Om teg­nies kor­rek te wees: Ek het by die di­rek­sie aan­be­veel dat KPMG as ou­di­teur af­ge­dank word.”

Sy het ge­sê sy is “in baie groot moei­lik­heid by die JSE” om­dat die reg­te pro­ses met so ’n stap ge­volg moet word. Sy kan nie as uit­voe­ren­de hoof die ou­di­teu­re af­dank nie; die di­rek­sie moet dit doen.

“Maar dit is hoogs on­waar­skyn­lik, ge­ge­we die baie sterk aan­be­ve­ling wat ons aan die di­rek­sie ge­doen het, dat hul­le daar­teen sal stem.”

Wier­zycka het ge­sê van die be­rig­te oor KPMG wat ver­band hou met die uit­ge­lek­te Gup­ta-e­pos­bood­skap­pe, “is werk­lik kom­mer­wek­kend”.

■ KPMG was die ou­di­teur van Linkway Tra­ding, ’n maat­skap­py wat vol­gens die e-pos­bood­skap­pe glo ge­bruik is om die geld te was waar­mee la­ter vir die om­stre­de Gup­ta-troue by Sun Ci­ty be­taal is.

■ KPMG was ook be­trok­ke toe ’n le­ning van die Ny­wer­heids­ont­wik­ke­ling­kor­po­ra­sie aan Oak­bay in aan­de­le om­ge­skep is. Wier­zycka voer aan Oak­bay se ba­tes was by sy no­te­ring, voor die le­ning, “feit­lik waar­de­loos”.

■ Boon­op het KPMG die ver­slag ge­skryf oor die on­der­soek­een­heid in die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens wat ver­le­de jaar am­per tot Pra­vin Gord­han, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, se in­heg­te­nis­ne­ming ge­lei het.

Dié kwes­sies is vroe­ër van­dees­week met KPMG be­spreek, maar die ou­di­teurs­fir­ma kon nie be­vre­di­gend daar­op re­a­geer nie.

KPMG doen tans on­der­soek na die be­we­rin­ge, as­ook die O­n­af­hank­li­ke Re­gu­le­rings­raad vir Ou­di­teu­re (Ir­ba).

Wier­zycka meen eg­ter KPMG moe­nie wag op die uit­slag van die on­der­soek nie.

“Hul­le weet mos nou al dis bloed­geld daar­die. Di tis be­las­ting­be­ta­lers se geld wat hul ou­dits be­taal het. Be­taal die geld aan bur­ger­reg­te groe­pe wat kor­rup­sie be­veg.”

Sy het ge­sê hul­le het be­sluit om op te tree om­dat Suid-A­fri­ka nou ant­woor­de be­no­dig en nie kan wag dat on­der­soe­ke eers af­ge­han­del word nie.

“Ek glo vas, ge­ge­we die tyd waar­in ons leef en hoe min tyd ons het voor­dat Suid-A­fri­ka ’n e­ko­no­mie­se in­een­stor­ting be­leef, dat men­se stand­punt moet in­neem.”

KPMG het die be­oog­de stap be­treur en ge­sê sy on­der­soek het nog geen mis­stap­pe deur e­ni­ge per­so­neel­lid aan die lig ge­bring nie.

Adv. S­haun A­bra­hams, na­si­o­na­le di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, swyg soos die graf se­dert die #Gup­taLe­aks­bom ge­bars het.

Mag­da Wier­zycka

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.