On­se Mi­mi op 85

Suid­A­fri­ka se wê­reld­be­ken­de o­pe­ra­so­praan Mi­mi Coert­se het pas 85 ge­word. Sy sing sel­de meer, eint­lik maar net vir haar­self, het sy aan Te­re­sa Coet­zee ge­sê.

Beeld - - Voorblad -

Sy was dáár, op eeue oue ver­hoë, waar sy dik­wels staan­de toe­ge­juig is as een van die bes­te o­pe­ra­san­gers wat nog ooit ge­hoor is.

Dáár waar sy ge­re­ken is as een van die wê­reld se bes­te ko­lo­ra­tuur­san­gers (so­pra­ne wat die hoog­ste no­te kan sing), ook be­kend vir haar man­ji­fie­ke ver­tol­king van die Ko­nin­gin van die Nag in Mo­zart se Die Zau­berfl­ö­te, die rol wat sy 520 keer in ver­skil­len­de ta­le en lan­de uit­ge­voer het.

“Al die toe­ken­nings wat ’n mens oor­see kan kry, het Mi­mi al ge­kry,” ver­tel haar vriend Coert Grob­be­laar, ’n o­pe­ra­san­ger.

Sy was dáár, in so­veel ver­skil­len­de lan­de, waar groot bos­se vars ge­sny­de blom­me waar­de­rend in haar oop arms ge­sit is ter­wyl swaar flu­weel­gor­dy­ne s­ta­dig ag­ter haar neer­ge­sak het.

In 1966 het die pre­si­dent van Oos­ten­ryk haar ver­eer met die ti­tel van Kam­mersän­ge­rin vir tien jaar se hoof­rol­le in o­pe­ras as per­ma­nen­te lid van die Ween­se S­taats­o­pe­ra.

Sy het al in die ver­naam­ste o­pe­ra­hui­se in We­ne, Na­pels, A­the­ne, Ba­sel, Ber­lyn, Genè­ve, Den Haag, Brus­sel, D­üs­sel­dorf, Graz, Salz­burg, Bar­ce­lo­na, S­tutt­gart, Lon­den en veel meer op­ge­tree.

Nou vind mens haar hiér, in die boom­ry­ke Wa­ter­kloof in P­re­to­ria, in haar im­po­san­te gras­dak­wo­ning saam met haar twee huis­wer­kers en tuin­man, en haar twee hon­de Ro­ber­to en S­chat­z­li.

En sy wil nê­rens an­ders wees nie. Al het sy meer as 20 jaar in We­ne ge­woon, bly Suid-A­fri­ka haar huis. Hier wil sy oud word en sterf.

Coert­se het op 12 Ju­nie 85 ge­word. In haar prag­ti­ge huis tus­sen haar in­ge­voer­de meu­bels en duur skil­de­rye voel sy dees­dae op haar ge­luk­kig­ste.

Teen die mu­re pryk ’n paar skil­de­rye van haar groot vrien­din, wy­le Bet­tie Cil­liers-Bar­nard, en die or­na­men­te in die res van die huis ver­tel tal­le sto­ries van haar roem­ry­ke ver­le­de.

“Ag my hart­jie, hoe moet ek nou vir jou pro­beer ver­dui­de­lik waar­mee ek my dees­dae be­sig hou,” ant­woord sy die vraag.

“Ek doen maar net die­self­de goed as al­tyd,” sê sy.

Sy lees. Sy ver­tel van haar kin­ders en be­dry­wi­ge klein­kind wat baie daar kom kui­er. Sy kui­er met haar vrien­de. Haar huis­wer­ker P­re­ci­ous be­stuur haar mo­tor en vat haar waar sy wil wees. “En so gaan dit maar,” sê sy. Sy sing sel­de of ooit meer, “eint­lik meer maar net vir my­self,” lag sy.

Haar hou­ding is nog fier en reg­op en van die 85 ja­re in haar uur­glas word daar net mooi niks

Al die toe­ken­nings wat ’n mens oor­see kan kry, het Mi­mi ge­kry.

Ek is nie reg­tig spyt oor e­nig­iets nie. Ek het ’n in­te­res­san­te le­we ge­had.

ver­klap op haar feit­lik plooi­lo­se ge­sig en git­swart ha­re nie.

“Ag man, dan­kie dat jy dit nou sê,” lag sy so ef­fe ver­leë. “Se­ker maar my ma se goeie ge­ne. Ek kan met ’n rein ge­we­te sê dat ek nooit in my le­we ’n fa­ce­lift ge­had het nie.

“Ek sal wel nou maar er­ken dat ek des­tyds my ore plat­ter laat maak het, want my prui­ke wou nooit oor my ore pas nie. Maar die res is se­ker maar net goeie ge­ne. Ek is ge­luk­kig dat ek geen ou­mens­kwa­le het nie. Ek ont­hou net nie dees­dae meer so lek­ker nie,” sê sy.

Hier waar sy in die reg­op, an­tie­ke, ge­stof­feer­de stoel met die mooi hout­af­wer­kings sit, is Mi­mi vro­lik en vol grap­pe. Die men­se wat haar ken, sê sy kon op haar dag uit­bun­dig lag en haar sin vir hu­mor was le­gen­da­ries.

Maar moe­nie hier­die ou la­dy ver­keerd op­vryf nie, want die pri­ma don­na het mak­lik ge­sê wat sy dink en voel en vir ’n swets­woord is sy nie bang nie.

Daar was me­ni­ge mens wat o­pen­lik bang was vir haar – en met reg. Sy het haar le­we lank pre­sies ge­weet wat sy wil hê en hoe dit ge­doen moet word.

Maar sy sit nie van­dag hier met op­ge­krop­te ge­voe­lens en e­mo­sies nie.

“Ek is nie reg­tig spyt oor e­nig­iets nie. Ek het ’n in­te­res­san­te le­we ge­had,” my­mer sy.

On­ge­luk­kig het die roem en sta­tus haar nie heel­te­mal teen die hart­seer van die le­we ge­pant­ser nie.

Haar eer­ste hu­we­lik, met Da­wid En­ge­la, ’n be­ken­de in mu­siek­krin­ge, het mis­luk. (Hy is la­ter in ’n mo­tor­on­ge­luk by Laings­burg dood.)

Haar twee­de hu­we­lik, met die I­ta­li­aan­se sa­ke­man Die­go B­rig­hi, was ook nie suk­ses­vol nie.

La­ter is Mi­mi met die sa­ke­man Wer­ner Ac­ker­mann ge­troud, maar hul­le is ná by­na 24 jaar ge­skei.

“’n Vrou bly nie lek­ker by ’n man wat haar nie goed be­han­del nie,” sê sy.

“Maar my le­we het ver­loop soos dit moes, in daar­die tye was my hu­we­li­ke die reg­te ding ge­wees om te doen.”

Mi­mi se be­geer­te om haar eie kin­ders te hê is ook nooit ver­we­sen­lik nie. Ná vyf mis­kra­me het sy haar dog­ter Mia en seun Wer­ner aan­ge­neem.

Ter­wyl sy oor­see was, het ’n vriend haar aan­ge­raai om haar geld in ou meu­bels en Per­sie­se ta­py­te te be­lê. Van­daar haar ry­ke ver­sa­me­ling.

Dit was ’n groot slag vir die Ween­se O­pe­ra­huis toe Mi­mi in 1973 aan­ge­kon­dig het dat sy wil te­rug­keer huis toe. Hul­le het voor­ge­stel dat sy ses maan­de van die jaar steeds dáár moes deur­bring, maar Mi­mi wou nie haar kin­ders ont­wrig nie.

Sy en Neels Han­sen het la­ter die Black Tie En­sem­ble be­gin. Dit is 1999 ge­stig en lei o­pe­ra­san­gers vol­tyds op.

“Vyf en tag­tig,” sê sy. Sy bly so ruk­kie stil en sê dan: “shit”.

Dis juis vir hier­die ver­jaar­dag wat Grob­ble­aar on­langs vir haar ’n hul­di­gings­kon­sert by die Le­monJack-te­a­ter in Cen­tu­ri­on ge­re­ël het.

San­gers soos Goit­se­mang Le­ho­bye, Mi­chel­le Vee­ne­mans, De­wald von Solms en Chris Mos­tert het al­mal saam met Grob­be­laar op­ge­tree en Mi­mi toe­ge­sing.

Mi­mi het ge­skit­ter. S­ta­tig soos al­tyd.

Die woord “so­praan” is ook aan haar oor­han­dig,

(Die WAT het ’n Borg ’n Woord-pro­jek waar jy ’n woord vir ie­mand kan koop en dan “be­hoort” daar­die woord aan dié per­soon.)

“Lie­we He­re, daar het hul­le my weer ge­vang,” het Mi­mi by die kon­sert ver­tel.

“Ek het niks hier­van ver­wag nie. Ek ver­staan nie waar­om maak die men­se so ’n op­hef nie.”

Fo­to: TE­RE­SA COET­ZEE

Mi­mi Coert­se in haar huis in Wa­ter­kloof, P­re­to­ria.

’n Jong Coert­se in ’n kos­tuum.

Coert­se en Mi­cha­el Gro­bler in 1967 toe ’n voetaf­druk ge­neem is.

Fo­to: TE­RE­SA COET­ZEE

Sak­kie Kot­ze van die ATKV by Coert­se ter­wyl sy haar ver­jaar­dag­koek sny. Sy het die woord “so­praan” in die WAT van hul­le ont­vang.

Mi­mi Coert­se en Jo­pie Hees­ters toe hul­le in 1960 saam in die o­pe­ret­te Die lus­ti­ge Wit­we ge­sing het.

As An­ge­li­ca in Su­or An­ge­li­ca, 1987.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.