Jan­tjies moet dié keer die kol tref

Beeld - - Voorblad - Chris­to Bu­ch­ner Leeus:

Grafika24 Die Leeus sal van­dag iets baie spe­si­aals moet op­dis in die Su­per­rug­by-half­eind­stryd teen die Hur­ri­ca­nes op El­lis­park as hul­le nie in ’n blik ge­druk wil word nie.

Die storm wat uit N ieu-See­land se wê­reld op die Leeus wag, sal in­tens wees en dit gaan ’n bui­ten­ge­wo­ne po­ging van die tuis­span verg om te ver­se­ker dat aan­staan­de week se eind­stryd ook in die Leeu­kuil ge­huis­ves word.

As daar nou een span is wat weet hoe om die Leeus se ster­te te knoop, is dit die Hur­ri­ca­nes. In hul twee ne­der­lae teen die ’Ca­nes ver­le­de jaar (17-50 en 3-20) het dit glad nie ge­lyk as­of die Leeus eens na­by daar­aan kon kom om te wen nie.

Boon­op is hul­le nou hier­die keer ook son­der hul in­spi­re­ren­de kap­tein en agt­ste­man, War­ren W­hi­te­ley, ter­wyl die be­soe­kers weer die voor­deel het dat hul­le hul in­spi­re­ren­de lei­er en ha­ker, Da­ne Co­les, te­rug het. Co­les speel boon­op in sy 100ste Su­per­stryd vir die span van Wel­ling­ton.

In die Leeus se twee suk­kel­se­ges oor die Haaie was dit dui­de­lik dat W­hi­te­ley se kal­me­ren­de in­vloed ge­mis is.

In ’n wed­stryd soos dié is dit ’n groot te­rug­slag om hom nie daar te hê nie.

Die Leeus het van­jaar reeds 84 drieë in die reeks ge­druk, wat drie meer is as ver­le­de jaar, maar daar is een span wat van­jaar meer as hul­le ge­druk het.

Raai wie? Die ein­ste Hur­ri­ca­nes, met ’n ver­stom­men­de 93 drieë.

G’n won­der dat Jo­han Ac­ker­mann, die af­rig­ter van die Leeus, ’n baie op­win­den­de stryd prop­vol ak­sie ver­wag nie.

Toe hy van­dees­week ge­vra is oor hoe sy span die Bar­rett­broers, Beau­den en Jor­die, kan hok­slaan, het hy ge­sê die groot­ste fout wat sy span kan maak, is om net op in­di­vi­due te kon­sen­treer.

Die Hur­ri­ca­nes we­mel van die ster­re en Ac­ker­mann voel met die ge­hal­te waar­oor hul­le in el­ke po­si­sie be­skik, sal dit nood­lot­tig wees om net se­ke­res te wil dop­hou.

Nou wat moet die Leeus dan doen om ’n wen­kans te staan?

Be­hal­we bid en hoop sal hul agt­tal moet sorg dat hul­le die ’Ca­nes op die ag­ter­voet kry.

Die Leeus se voor­spe­lers hou on­ge­twy­feld die sleu­tel tot hul suk­ses en hul­le sal moet oor­heers.

Slegs deur hul drie­kwar­te aan­val­skans op die voor­voet te gee, staan die tuis­span e­ni­ge kans. Dan moet daar ook nie die Fo­to’s: GALLO IMAGES e­le­men­tê­re fou­te van ver­le­de jaar teen die be­soe­kers op El­lis­park ge­maak word, toe wil­de aan­geë drieë op ’n skink­bord aan hul­le be­sorg het nie.

Uit ’n Leeus-oog­punt kan daar maar net ge­hoop word die spe­lers se be­geer­te om eers vol­gen­de Sa­ter­dag in die eind­stryd af­skeid te neem van Ac­ker­mann, is só ’n mo­ti­ve­ring dat hul­le ’n baie spe­si­a­le ver­to­ning le­wer wat waar­dig is van ’n on­ver­wag­se se­ge.

■ An­dries Coet­zee, Ru­an Com­brinck, Li­o­nel Ma­poe, Ha­rold Vor­ster, Court­nall S­ko­san, El­ton Jan­tjies, Ross Cron­jé, Ru­an Ac­ker­mann, K­wag­ga S­mith, Ja­co K­riel (k), Fran­co Mos­tert, An­dries Fer­rei­ra, Ru­an D­rey­er, Mal­colm Marx, Ja­c­ques van Rooy­en. PLAASVERVANGERS: Ak­ker van der Mer­we, Cor­né Fou­rie, Jo­han­nes Jon­ker, Lou­rens Eras­mus, Cy­le B­rink, Faf de K­lerk, Ro­han Jan­se van Rens­burg, Syl­vi­an Ma­hu­za.

Jor­die Bar­rett, Ne­he Mil­ner­S­kud­der, Vin­ce Aso, N­ga­ni Lau­ma­pe, Wes Goo­sen, Beau­den Bar­rett, TJ Pe­re­na­ra, Brad S­hields, Ar­die Sa­vea, Va­ea Fi­fi­ta, Sam Lou­si, Mark Ab­bott, Jeff To’o­ma­ga­Al­len, Da­ne Co­les (k), Ben May. PLAASVERVANGERS: Ric­ky Ric­ci­tel­li, Chris E­ves, Lo­ni U­hi­la, Reed Prin­sep, Cal­lum Gib­bins, Te Toi­roa Ta­hu­ri­o­ran­gi, O­te­re Black, Ju­li­an Sa­vea. Ja­co Pey­per.

Ma­ri­us van der West­hui­zen en Ras­ta Ra­si­vhen­ge.

Ma­ri­us Jon­ker.

14:30 (M­Net, SS 1).

Ja­co K­riel, flank en kap­tein van die Leeus, teen die Haaie in ak­sie in die Su­per­rug­by­wed­stryd in Dur­ban.

Die Leeus se S­pring­bok­slot, Fran­co Mos­tert, en sy me­de­voor­spe­lers sal die stryd voor­langs moet oor­heers as die tuis­span van­dag sy Su­per­rug­by­half­eind­stryd teen die Hur­ri­ca­nes wil wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.