‘Dun­kirk’: Lees hier voor jy dié fliek gaan kyk

Beeld - - Voorblad -

Dit was 23 Mei 1940. S­kaars twee we­ke te­vo­re het die Duit­se Wehr­macht die Fran­se, Bel­gie­se en Ne­der­land­se grens oor­ge­steek met 117 in­fan­te­rie­di­vi­sies, een val­skerm­di­vi­sie en tien pant­ser­di­vi­sies as ys­ter­vuis aan die voor­punt.

Ge­tal­le­ge­wys was die Fran­se, B­rit­te, Bel­ge en Ne­der­lan­ders aan­sien­lik ster­ker as die in­val­lers, maar die Duit­sers was on­ein­dig be­ter ge­or­ga­ni­seer en het die ge­veg met ’n re­vo­lu­si­o­nê­re nu­we be­na­de­ring ge­pak. Die Ge­al­li­eer­des het in we­se in 1918 – die ein­de van die Eer­ste Wê­reld­oor­log – vas­ge­steek.

La­ter sou genl.maj. J.F.C. Ful­ler, een van die min B­rit­te wat die Duit­se be­na­de­ring ver­staan het, dit tref­fend be­skryf: “It was to em­ploy mo­bi­li­ty as a psy­cho­lo­gi­cal we­a­pon: not to kill but to mo­ve; not to mo­ve to kill but to mo­ve to ter­ri­fy, to be­wil­der, to per­plex, to cau­se con­ster­na­ti­on, doubt and con­fu­si­on in the re­ar of the e­ne­my, which rumour would mag­ni­fy until pa­nic be­ca­me monstrous. In short, its aim was to pa­ra­ly­se not on­ly the e­ne­my’s com­mand but al­so his go­vern­ment, and pa­ra­ly­sis would be in di­rect pro­por­ti­on to velo­ci­ty.”

Die Duit­se krygs­plan is op­ge­stel deur die bril­jan­te lt.genl. (la­ter veld­maar­skalk) E­rich von Man­stein. Kort­pad ge­vat, het dit daar­op neer­ge­kom dat Ne­der­land en Bel­gië bin­ne­ge­val word om die B­rit­se en Fran­se le­ër noord­waarts te lok. Dan sou die swaar­te­punt, drie pant­ser­korp­se on­der lei­ding van genls. Heinz Gu­de­ri­an, Her­mann Hoth en Ge­or­gHans Rein­hardt, in die sui­de deur Lux­em­burg en die Ar­den­ne­woud (waar nie­mand dit ver­wag het nie) breek en met ’n ver­bys­te­ren­de spoed wes­waarts na die see op­ruk.

Soos Ful­ler se aanhaling hier­bo aan­gee, sou dit die Ge­al­li­eer­de mag­te in or­ga­ni­sa­to­rie­se (maar ver­al siel­kun­di­ge) cha­os dom­pel en hul weer­stand ont­wrig.

Só het dit dan ook ge­beur. Gu­de­ri­an se tenks het stil­le­tjies deur die dig­te Ar­den­ne be­weeg. Ter­wyl die B­rit­te en Fran­se die Bel­ge in die noord­oos­te te hulp ge­snel het, moes hul­le op­eens ont­dek dat Gu­de­ri­an blits­snel in hul rug op­duik.

Op 14 Mei het hy die breë Maas oor­ge­steek en van daar net een rig­ting ge­ken – steeds ver­der noord­we­s­waarts in die rig­ting van die see.

Só het die Duit­sers by wy­se van spre­ke om die steel­kant van die skrum ge­breek en rie­me neer­ge­lê na die doel­lyn – die kus.

In die pro­ses is die Ge­al­li­eer­de ver­de­di­gers in twee ge­splyt. Die Fran­se weer­stand het ver­krum­mel, maar die B­rit­se dis­si­pli­ne het be­ter ge­hou en hul­le het re­la­tief or­de­lik in die rig­ting van die ha­we­stad Duin­ker­ken ge­re­ti­reer.

A­dolf Hit­ler was baie se­nu­ag­tig en bang dat Gu­de­ri­an so ver voor sy voet­sol­da­te uit sou be­weeg dat dié af­ge­sny kon word. Op 21 Mei het die B­rit­te ’n mis­luk­te teen­aan­val by die stad Ar­ras uit­ge­voer en daar­mee Hit­ler se vrees ver­groot. Dit het by­ge­dra tot Hit­ler se kom­mer oor Gu­de­ri­an. Twee dae la­ter ont­vang Gu­de­ri­an toe die be­vel om sy op­mars te staak.

Dit was nie des­tyds dui­de­lik nie, maar dit was om ver­skeie re­des ’n keer­punt in die oor­log. Dit was die eer­ste keer dat Hit­ler as po­li­tie­ke lei­er reg­streeks in sy ge­ne­raals se o­pe­ra­si­o­ne­le sa­ke in­ge­meng het, iets wat hy in die loop van die oor­log dik­wels met ramp­spoe­di­ge ge­vol­ge sou her­haal.

Gu­de­ri­an het la­ter ver­tel dat hy “spra­ke­loos” oor so­veel dom­heid was, maar dat hy geen keu­se had nie; hy moes be­ve­le ge­hoor­saam.

Die voor­punt van Gu­de­ri­an se mag­te was in dié sta­di­um s­kaars 25 km van Duin­ker­ken. Die taam­lik moe­ras­ag­ti­ge ter­rein was nie i­de­aal vir pant­ser­mag­te nie, maar in die af­we­sig­heid van ’n be­hoor­lik ge­or­ga­ni­seer­de B­rit­se ver­de­di­ging was dit nie ’n on­oor­koom­li­ke hin­der­nis nie.

Bo­wen­dien het die Duit­se plan­ne vir die aan­slag op Duin­ker­ken per on­ge­luk in die B­rit­te se han­de be­land. Hul­le het dié on­ver­wag­se bo­nus­se dank­baar met al­bei han­de aan­ge­gryp en on­mid­del­lik ’n reeks sterk ver­de­di­ging­stel­lings be­gin voor­be­rei.

Bin­ne twee dae het die vloei­ba­re front ver­hard tot ’n li­nie wat slegs met moei­te deur­boor kon word. Toe Hit­ler dus op 26 Mei toe­stem­ming gee dat die op­mars her­vat word, was dit te laat.

Die Duit­se aan­val­le is met

Le­o­pold S­choltz

jag­te en ple­sier­vaar­tuie die wa­ters in die rig­ting van Duin­ker­ken in­ge­vaar. Dit was een van die merk­waar­dig­ste ge­beur­te­nis­se in die he­le oor­log.

Die ont­rui­ming het op 26 Mei be­gin. Op 28 Mei is 15 000 man ont­ruim. Die vol­gen­de dag het dit tot 47 000 ge­groei en op 31 Mei tot ’n vol­le 68 000.

Teen 4 Ju­nie, die laas­te dag, is ’n groot to­taal van 338 000 man – on­der wie 125 000 Fran­se sol­da­te – na B­rit­tan­je ont­ruim.

Waar­om het Hit­ler die – vir hom – ramp­spoe­di­ge be­vel ge­gee om die op­mars te on­der­breek?

Man­stein het la­ter ge­meen daar was drie re­des.

Eer­stens, sê hy, wou Hit­ler sy pant­ser­mag spaar vir die ver­o­we­ring van die res van Frank­ryk (iets wat toe nie veel moei­te sou kos nie). T­wee­dens het Her­mann G­ö­ring, hoof van die Luft­waf­fe, be­loof dat sy bom­wer­pers die ont­rui­ming sou keer. En, al het die bom­wer­pers ’n taam­li­ke slag­ting aan­ge­rig, kon hul­le die o­pe­ra­sie nie laat mis­luk nie. Die der­de is se­dert­dien deur his­to­ri­ci be­twis. Dit is dat Hit­ler die B­rit­te nie te veel wou ver­ne­der nie; hy het ge­hoop hul­le sou tot ’n kom­pro­mis-vre­de be­reid wees.

Aan­ge­sien dit to­taal teen Hit­ler se per­soon­lik­heid en sy al­ge­me­ne op­tre­de in­druis, meen tal­le his­to­ri­ci dit is on­waar­skyn­lik.

Hoe ook al, die ont­rui­ming van hon­derd­dui­sen­de B­rit­se en Fran­se sol­da­te het B­rit­tan­je in staat ge­stel om mi­li­têr te oor­leef. Hul­le het im­mers ge­skuil ag­ter die wyd­ste tenk­grag ter wê­reld, die En­gel­se Ka­naal, en Hit­ler was ter see nie sterk ge­noeg om dit oor te steek nie.

Dit het C­hur­chill in staat ge­stel om op 18 Ju­nie uit­da­gend in die B­rit­se la­er­huis te ver­klaar: “We shall go on to the end. We shall fig­ht in Fran­ce, we shall fig­ht on the se­as and o­ce­ans, we shall fig­ht with gro­wing con­fi­den­ce and gro­wing strength in the air, we shall de­fend our is­land, w­ha­te­ver the cost may be. We shall fig­ht on the be­a­ches, we shall fig­ht on the lan­ding grounds, we shall fig­ht in the fields and in the streets, we shall fig­ht in the hills; we shall ne­ver sur­ren­der.”

Duin­ker­ken was geen B­rit­se oor­win­ning nie; dit was ’n he­ro­ïe­se ne­der­laag. Maar dit het B­rit­tan­je in staat ge­stel om uit te hou tot­dat die VSA 18 maan­de la­ter by die oor­log in­ge­suig is. Daar­na was dit net ’n kwes­sie van tyd – en baie bloed – voor­dat Hit­ler op 30 Mei 1945 in sy Ber­lyn­se bun­ker sy eie le­we be­ëin­dig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.