Ek­so­tie­se blom­me vir al­mal

Hul­le groei hoog in die mik­ke van woud­bo­me en dra die mees ek­so­tie­se blom­me waar­voor die a­del­li­kes vroe­ër be­reid was om ’n plaas se prys te be­taal. Dees­dae is or­gi­deë eg­ter al­le­mans­blom­me.

Beeld - - Voorblad - AN­NA CELLIERS @Leef­styl24

Dit is nie om do­we neu­te dat ek­so­tie­se or­gi­deë by die do­sy­ne op kwe­ke­ry­en selfs ket­ting­win­kel­rak­ke pronk nie. Dié met hul de­li­ka­te, sa­tyn­ag­ti­ge blom­me het ge­sog­te de­kor­plan­te ge­word en is boon­op nie meer on­be­kos­tig­baar nie.

Dink só daar­aan: Vir die ge­mid­del­de prys van twee bos­se vars sny­blom­me met ’n vaas­le­we van se­we tot tien dae, kan jy ’n or­gi­dee aan­skaf wat tot drie maan­de lank in die huis sal blom. Vol­gens die or­gi­dee-ken­ners is daar wê­reld­wyd ’n groei­en­de be­lang­stel­ling in die prag­ti­ge plan­te.

Die pad na suk­ses

Die groot ge­heim is om die groei­at­mos­feer om hul­le vog­tig te hou en dit nie te oor­doen met nat­lei­e­ry nie:

Laat rus die plant op ’n pie­ring vol gruis­klip met ’n bie­tjie wa­ter in. Die boom van die pot moet te al­le tye bo­kant die wa­ter wees en be­slis nie daar­in staan nie.

As jy jou or­gi­dee in ’n mooi hou­er son­der drei­ne­rings­ga­te wil uit­stal, moet jy ’n laag klip­pies en ’n bie­tjie wa­ter on­der­in gooi en dit nou en dan aan­vul. Haal die plant uit die hou­er as dit moet wa­ter kry, plaas dit in jou kom­buis­was­bak en gooi dit deeg­lik nat. Laat die grond toe om goed te drei­neer voor­dat jy dit weer in die uit­stal­hou­er te­rug­plaas.

S­kaf ’n mis­sproei­bot­tel aan en gee die bla­re ge­reeld ’n sag­te ne­wel­sproei (ver­al op baie warm dae). Moe­nie die blom­me ook nat­spuit nie; dit sal le­li­ke wa­ter­mer­ke op hul­le maak.

Lei or­gi­deë al­tyd sog­gens nat. Wan­neer dit don­ker word en die nag­tem­pe­ra­tuur skerp daal, gaan die plan­te ’n rus­fa­se bin­ne en ’n on­ty­di­ge koue stort kan ver­oor­saak dat hul­le vrek.

Bruin en ge­krul­de bla­re wat la­ter af­val, is ’n te­ken dat die hu­mi­di­teit in die on­mid­del­li­ke om­ge­wing te laag is.

Hou hul­le lan­ger mooi

Ver­wy­der ge­reeld die dooie blom­me want dit gee ’n gas af wat die leef­tyd van an­der blom­me kan ver­kort. Sny ook liefs die he­le blom­steel af wan­neer die blom­me al­mal oop­ge­gaan het (net voor­dat dit heel­te­mal be­gin af­blom), en sit dit in ’n vaas met vars wa­ter waar­by ’n do­sis sny­blom­voed­sel ge­gooi is. Die blom­me sal ewe lank hou, maar nie ver­der kos en e­ner­gie uit die plan­te neem nie.

In die ge­val van die mot-or­gi­dee (P­ha­la­e­nop­sis) kan jy die vor­ming van ’n nu­we blom­steel aan­moe­dig deur die oue af te k­nip

so­wat 2-3 cm bo­kant die eer­ste o­gie van die ba­sis.

Die plan­te se bla­re ver­klap of die lig­in­ten­si­teit goed ge­noeg is. As die nu­we bla­re te we­lig en sag is en ’n don­ker­der kleur het as die ou­er bla­re, is dit te don­ker vir die plant – dit sal dan ook nie blom nie. As die bla­re mis­vormd, hard en geel lyk, is dit ge­woon­lik ’n aan­dui­ding dat die lig te skerp is.

As die blom­tyd ver­by is

Dank­sy pro­fes­si­o­ne­le or­gi­deek­we­kers is daar dees­dae el­ke maand van die jaar or­gi­deë in blom. Die eer­ste stap wan­neer jou­ne dus af­ge­blom het, is om da­de­lik nog een aan te s­kaf vir ’n per­ma­nen­te bin­nens­hui­se blom­me­fees. Die mees­te or­gi­dee­soor­te wat bin­nens­huis ge­kweek word, is e­pi­fie­te wat in tro­pie­se en sub­tro­pie­se kli­maat­stre­ke in die mik­ke van bo­me groei. Wa­ter en voe­ding­stow­we word deur die bla­re op­ge­neem, en die vle­si­ge wor­tels dien bloot as an­ker­ma­te­ri­aal.

Sit dus jou af­ge­blom­de plan­te op rak­ke en ou boom­stom­pe ie­wers in die half­ska­du­wee, soos on­der ’n boom of op ’n be­skut­te stoep. Die plan­te moet ge­noeg lig kry (selfs ’n bie­tjie og­gend­son) en op warm dae ge­reeld met ’n sag­te mis­sproei af­ge­koel word.

Voed die plan­te al om die an­der week met ’n vloei­ba­re mis­stof vir blom­plan­te.

B­lit­swen­ke

Om die blom­fa­se van ’n or­gi­dee so lank as moont­lik te rek, het jy die reg­te groei­plek no­dig met ge­noeg vog­tig­heid, maar daar is ook an­der truuks wat jy moet toe­pas.

Na­tuur­li­ke lig:

Or­gi­deë hou van na­tuur­li­ke lig, maar nie di­rek­te son­lig nie. ’n Breë ven­ster­bank is i­de­aal, maar maak se­ker dat die plant nie in di­rek­te, skroei­en­de son­lig staan nie.

Ge­noeg vog­tig­heid:

Hoë hu­mi­di­teit – maar son­der om die wor­tels te ver­suip – is nood­saak­lik om die plan­te suk­ses­vol te kweek. Gee die or­gi­deë in die so­mer een keer per week wa­ter en in die win­ter so­wat el­ke tien dae.

Pa­s­op vir trek­ke:

Die mees­te huis­plan­te hou nie van ’n koue trek oor die bla­re of blom­ste­le nie. Trou­ens, de­li­ka­te or­gi­dee­blom­me kan dit glad nie ver­dra nie.

Geen rond­skui­we­ry nie: Moe­nie die plan­te ge­du­rig rond­skuif nie. Soek die reg­te staan­plek en los dit net daar – dit sal die blom­me baie lan­ger laat hou.

’n Blom­steel van ’n Cim­bi­di­um­or­gi­dee. Hier­die soort or­gi­deë blom ge­woon­lik geil in die win­ter­maan­de en as hul­le klaar is, kan hul­le bui­te on­der ’n boom ge­hou word om dit vol­gen­de jaar weer te doen.

’n E­le­gan­te uit­stal­ling van spier­wit mot­or­gi­dee (P­ha­la­e­nop­sis) waar­borg sier­lik­heid in die huis wat lank sal bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.