Val­ke be­kyk wel uit­ge­lek­te e­pos

Maar moe­nie gou ver­vol­ging ver­wag

Beeld - - Nuus -

S­ta­dig nou, jul­le is te haas­tig. Dít was gis­ter die bood­skap van die Val­ke aan dié wat wil weet wan­neer ie­mand ver­volg gaan word ge­grond op die in­houd van die op­spraak­wek­ken­de #Gup­taLe­aks-e-pos­bood­skap­pe.

Die pu­bliek moet daar­om nie ver­wag om bin­ne­kort men­se wat in die lig van daar­die e-pos van mis­dry­we be­skul­dig word, in die be­skul­dig­de­bank te sien nie.

Die on­der­soek gaan baie lank neem om af te han­del, sê brig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, woord­voer­der van die Val­ke.

Hy het ge­re­a­geer op G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die ANC, se woor­de Don­der­dag dat “staats­in­stel­lings hul werk moet be­gin doen”.

Dit is nie die ANC se werk om men­se wat by staat­skaping be­trok­ke is, te ver­volg nie, maar die staat s’n, het hy ge­sê.

Nog ’n ANC-hoë, Z­we­li Mk­hi­ze, te­sou­rier-ge­ne­raal van die par­ty, het Don­der­dag ge­sê die­ge­ne wat by die e-pos be­trek word, moet ver­ant­woor­ding daar­voor doen.

Hy het Don­der­dag­aand in Kat­le­hong aan die Oos-Rand ge­sê die #Gup­taLe­aks-e-pos­bood­skap­pe is ’n “ver­leent­heid” vir die ANC en staat­skaping moet ver­werp word.

“Ons as die ANC be­stem­pel e­ni­ge vorm van staat­skaping, het­sy deur in­di­vi­due, ge­sin­ne, maat­skap­pye, e­ni­ge bui­te­land­se re­ge­ring of wat ook al, as ’n vorm van kor­rup­sie.”

Zi­zi Kod­wa, die par­ty se amp­te­li­ke woord­voer­der, het vroe­ër van­dees­week die­self­de in ’n on­der­houd ge­sê.

“Hoe vroe­ër die wets­toe­pas­sers op­tree, en be­slis­send op­tree, hoe be­ter, nie net vir die ANC nie, maar vir die he­le land.”

Vol­gens ANC To­day, die ANC se week­lik­se nuus­brief, sê Kod­wa die par­ty durf hom “nie met kor­rup­te men­se ver­een­sel­wig nie, want hy moet on­kor rup­teer­baar wees”.

Mu­lau­d­zi het gis­ter be­ves­tig dat die Val­ke be­slis be­sig is met ’n on­der­soek na­dat die Or­ga­ni­sa­sie teen Be­las­ting mis­bruik( Ou­ta) klag­te weens die Gup­ta-e-pos­bood­skap­pe aan­han­gig ge­maak het.

“Ou­ta het ons mas­sas do­ku­men­te ge­gee. Dit gaan tyd neem om aan die on­der­soek te werk.”

Ou­ta het ook gis­ter klag­te van be­drog, af­per­sing, kor­rup­sie en hoog­ver­raad teen Mo­go­ka­re Ri­chard Se­le­ke, di­rek­teur-ge­ne­raal van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, by die po­li­sie in Rand­burg aan­han­gig ge­maak.

Ben T­heron van Ou­ta sê Se­le­ke het glo ver­trou­li­ke e-pos van E­s­kom aan die Gup­tas ver­skaf.

Mu­lau­d­zi sê die Val­ke werk “baie nou” met die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) saam om die in­lig­ting in die Gup­ta-e-pos te on­der­soek.

Prof. An­dré Du­ven­ha­ge, po­li­tie­ke we­ten­skap­li­ke aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, meen ook ’n mens moe­nie skie­lik ’n reeks ver­vol­gings ver­wag nie. Hy be­stem­pel Man­tas­he se woor­de as ’n po­ging om po­li­tie­ke druk op die so­ge­naam­de “Zu­ma-groep” in die ANC te plaas.

Du­ven­ha­ge sê dit is be­lang­rik om te ont­hou dat die “eer­ste wet van po­li­tiek is dat mag die reg be­paal”.

“Dit is nou ’n po­li­tie­ke pro­ses en die mags­ba­sis­se, soos die NVG, word steeds deur lo­ja­lis­te van pres. Ja­cob Zu­ma be­heer.”

Vol­gens Du­ven­ha­ge sal e­ni­ge op­tre­de teen men­se wat by mis­dry­we in die Gup­ta-e-pos be­trek word, nie vol­gens die nor­ma­le regs­pro­ses ge­skied nie.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.