Chris­tia Vis­ser lus vir iets ligs ná uit­mer­ge­len­de ‘Tess’

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

Na­dat sy die laas­te tyd ver­skeie ge­laai­de rol­le ver­tolk het, sien Chris­tia Vis­ser uit na haar nu­we, lig­ter pro­jek.

“Ek is ’n dra­ma-ak­tri­se,” sê sy. “Maar ek hou daar­van om e­ni­ge rol te ver­tolk. I want to be e­ver­y­bo­dy. Ek wil graag al­mal se sto­rie ver­tel.”

Tess was my mon­ster, sê sy. “Dit was die een ver­haal waar­voor ek skrik­ke­rig was.”

Sy sê sy was on­se­ker oor hoe Suid-A­fri­ka­ners dit sou ont­vang, maar met die suk­ses wat dit plaas­lik en ook oor­see be­haal het, glim­lag Chris­tia (25) breed.

“Ek is baie trots daar­op. Die rol was uit­mer­ge­lend, maar dis ’n sto­rie wat ver­tel móét word.”

Tess is ’n seks­wer­ker wat haar diens­te langs die kus­pad in die Mui­zen­berg-om­ge­wing in die Wes-Kaap ver­koop.

Die A­fri­kaan­se mark het die laas­te paar jaar baie ge­groei en sy meen min­der A­fri­kaan­se flieks moet uit­ge­reik word.

“Ek sal sê ons moet een góéie A­fri­kaan­se fliek per week maak eer­der as ’n klomp min­der goeie A­fri­kaan­se flieks.

“A­fri­kaans­spre­ken­des is baie lo­jaal en sal al­tyd A­fri­kaan­se flieks on­der­steun.

“Wan­neer daar net een fliek per week uit­kom, kan ons gro­ter ge­ho­re na die fliek­te­a­ters trek en hul­le nie opsplit nie.”

Chris­tia, wat ook in on­der meer Die boek­klub en Hol­ly­wood in my huis te sien is, skryf haar veel­sy­dig­heid daar­aan toe dat sy nooit wil op­hou groei nie.

“Ek wil nie in ’n boks ge­druk wees nie. Die oom­blik dat jy op­hou leer en groei, moet jy op­hou waar­mee jy be­sig is.”

Dit is hoe­kom sy van­jaar ook op die plan­ke en nie net op die sil­wer­skerm of kas­sie te sien is nie.

“Te­a­ter het my aan die be­gin bang ge­maak. Ek kom van ’n rol­prent­wê­reld. Ek het nooit eens te­a­ter ge­swot nie.”

Sy was van­jaar op die Vry­staat Kuns­te­fees in die pro­duk­sie Al­taar te sien.

“Die ak­teurs wat saam met my in Al­taar speel, het my baie ge­help en on­der­steun. T­te­a­ter is baie lek­ker.”

Tog ver­kies sy flieks.

“Ek leer baie by te­a­ter, maar op ka­me­ra kan jy niks weg­steek nie. Jy kan net sit en dink, dan wys die ka­me­ra wat jy dink.

“Dit is vir my baie meer ful­fil­ling.”

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Chris­tia Vis­ser is baie veel­sy­dig. Sy sê sy wil nooit op­hou groei nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.