A­fri­kaan­se rol­prent ‘gy­se­laar’ van twis Wen twee pry­se oor­see

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

’NA­fri­kaan­se rol­prent wat reeds met in­ter­na­si­o­na­le pry­se be­kroon is, is een van die slag­of­fers van die on­e­nig­heid tus­sen Ar­nold en E­wald Co­les­ke se Co­les­ke Ar­tis­ts en Jo­han Vor­ster, lied­jie­skry­wer en ver­teen­woor­di­ger van be­ken­de kuns­te­naars.

Lui­dens ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring van Ar­nold Co­les­ke skuld Vor­ster ’n be­drag van R3,5 mil­joen aan Co­les­ke, wat geld voor­ge­skiet het vir die ver­vaar­di­ging van die rol­prent Gat in die muur.

Nou het die ak­teur en re­gis­seur An­dré O­den­daal, wat die rol­prent As jy sing saam met Vor­ster ge­maak en daar­na saam aan Gat in die muur ge­werk het, aan­ge­voer dat Vor­ster die rol­prent te­rug­hou en dit nie uit­reik nie. O­den­daal sê Ar­nold Co­les­ke is die uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger en het die geld vir die rol­prent ver­skaf en Vor­ster is die ver­vaar­di­ger.

Gat in die muur het twee pry­se op die Sout­hamp­ton-rol­prent­fees in En­ge­land ge­wen, maar het nog nie in Suid-A­fri­ka be­gin wys nie, sê O­den­daal. “Die rol­prent is ’n goeie pro­duk. Dit is hart­seer dat dit nog nie uit­ge­reik is nie.”

In Ar­nold Co­les­ke se be­ë­dig­de ver­kla­ring, wat deel vorm van ’n aan­soek van Co­les­ke Ar­tis­ts wat in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien is teen Vor­ster en on­der meer sy maat­skap­pye, Al­tyd in A­fri­kaans en In­houd Huis Mu­siek Ko­pie­reg, word kort­liks na Gat in die muur ver­wys.

Ar­nold Co­les­ke voer aan dit wat met die fliek ge­beur het, is ’n aan­dui­ding van die ma­te waar­in die ver­hou­ding tus­sen Co­les­ke Ar­tis­ts en Vor­ster ver­suur het.

Vor­ster sê in sy be­ë­dig­de ver­kla­ring, wat ook deel van die hof­stuk­ke is, dat daar ’n “aan­sien­li­ke dis­puut” tus­sen hom en Co­les­ke Ar­tis­ts is oor ver­skeie ei­se wat hul­le on­der­ling met me­kaar het.

Vor­ster het gis­ter ge­sê die plan was al­tyd om eers in­ter­na­si­o­na­le be­lang­stel­ling in die rol­prent te wek voor­dat dit plaas­lik uit­ge­reik word.

Daar is met dié plan be­gin en die rol­prent het twee pry­se ge­wen. Hy ont­ken dat hy die rol­prent as gy­se­laar hou en sê dit is op rol­prent­fees­te ver­toon en hy sal wil sien dat dit in SuidA­fri­ka uit­ge­reik word.

■ In Ar­nold Co­les­ke se hof­aan­soek het die par­tye oor­een­ge­kom dat Vor­ster en Ja­co­mien de Vil­liers, sy ven­noot, geen do­ku­men­te, da­ta of e-pos ge­bruik waar­van die ei­en­doms­reg in die han­de van Co­les­ke Ar­tis­ts is nie.

An­dré O­den­daal speel self ook in die rol­prent Gat in die muur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.