‘God se plan gro­ter’ ‘Ons kind was jul kind, jul kind was ons kind’

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

‘Min men­se kan kies hoe en waar hul­le wil dood­gaan, maar jy het dié voor­reg ge­had. Jy het dood­ge­gaan ter­wyl jy dít ge­doen het waar­voor jy lief is,” het Fran­cis O­li­vier (43) gis­ter op die rou­diens van haar seun Ray­mond (18) ge­sê.

Ray­mond en sy boe­sem­vriend, Cor­nel Bek­ker (18), het ver­le­de Woens­dag ge­sterf toe hul gas­ver­war­mer die suur­stof in hul twee­man­tent op­ge­bruik en hul­le deur gas oor­val is. Hul­le het langs ’n dam op die Berg­sig-fo­rel­plaas ge­kam­peer om vis te vang. Hul­le was al­bei in gr. 12 aan die Ho­ër­skool Mo­nu­ment in Kru­gers­dorp.

Fran­cis het deur die tra­ne in die NG kerk Sui­der­lig in Kru­gers­dorp aan Cor­nel se ou­ers ge­sê: “Ons kind was jul kind en jul kind was ons kind. Ray­mond en Cor­nel het baie plan­ne ge­had, maar God se plan was gro­ter.”

Sy het Ray­mond be­skryf as die groot vis­ser­man, ’n ki­taar­spe­ler en ’n “Mas­ter­chef wat lek­ker kon eet en al­tyd hon­ger was”.

Fran­cis het ook ver­tel van die op­bou­en­de Ray­mond, wat al­tyd aan haar ge­sê het sy moet “op­hou wor­rie”.

“Jy het uit jou maag uit ge­lag en al­mal om jou aan­ge­steek om saam te lag,” het sy peet­ma, A­de­le Eras­mus, oor hom ge­sê.

Hon­der­de be­graf­nis­gan­gers het me­kaar vas­ge­hou en ge­huil. Ds. Ger­hard Slab­bert het ge­sê daar is nie ’n woord vir ou­ers wat hul kin­ders aan die dood af­staan nie.

“So­dra ons iets ’n naam gee, kan ons dit han­teer. As jou man of vrou dood­gaan, is jy ’n we­we­naar of ’n we­du­wee en as jou ou­ers dood­gaan, is jy wees,” het Slab­bert ge­sê.

Hy het ge­sê dat daar nie ’n woord is vir ou­ers wat hul kin­ders aan die dood af­staan nie, wys dat die mens­dom nie weet hoe om dié trau­ma te han­teer nie.

“Dis ou­kei om op God se skoot te klim, jou vuis­te te bal, op sy bors te tam­boer en te vra: ‘Wat het hier ge­beur? Hoe­kom is my kind weg?’ ” het hy ge­sê.

Slab­bert het na die By­bel­ver­haal ver­wys waar Pe­trus saam met Je­sus op die wa­ter ge­loop het en ge­sê: “’n Mens moet in God ver­trou wan­neer jy bang is jy ver­drink.”

Ray­mond, wie se kis deur sy ge­lief­des met bood­skap­pies vol­ge­skryf is, is in die S­terk­fon­tein-be­graaf­plaas be­gra­we.

Hy word oor­leef deur sy ou­ers, Pie­ter (45) en Fran­cis (43), en sy broer, Ter­ti­us (20).

Fo­to: JE­A­NEL­LE G­REY­LING

’n Fo­to van Ray­mond O­li­vier voor in die NG kerk Sui­der­lig in Kru­gers­dorp. Hy en sy boe­sem­vriend, Cor­nel Bek­ker, het ver­le­de Woens­dag op die Berg­sig­fo­rel­plaas na­by Kru­gers­dorp ge­sterf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.