LUR lees skool le­vie­te voor, on­nie weg

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Die Gau­teng­se LUR vir on­der­wys, Pa­ny­a­za Le­su­fi, het gis­ter­mid­dag die be­sluit ver­wel­kom om ’n on­der­wy­ser van St. John’s Col­le­ge wat aan ras­sis­me skul­dig be­vind is, wel af te dank.

Hy het op so­si­a­le me­dia die skool vir sy “sa­me­wer­king en be­grip” be­dank.

Die on­der­wy­ser het die skool da­de­lik ver­laat, lui ’n ver­kla­ring van die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment.

Die on­der­wy­ser is op drie klag­te skul­dig be­vind: die oor­tre­ding van die Suid-A­fri­kaan­se Raad van Op­voe­ders se ge­drags­ko­de, van ras­sis­tie­se en neer­ha­len­de uit­la­tings en dat hy die skool se beeld ska­de be­rok­ken het.

Le­su­fi het gis­ter­og­gend met sy be­soek aan die skool met die skool­be­stuur ver­ga­der en dit dui­de­lik ge­stel hy is te­leur­ge­steld oor en on­te­vre­de met die skool se be­sluit om die on­der­wy­ser by die skool te hou selfs na­dat hy in ’n dis­si­pli­nê­re pro­ses skul­dig be­vind is.

Die LUR het ge­sê die fi­na­le skrif­te­li­ke waar­sku­wing wat die on­der­wy­ser ont­vang het, is on­be­vre­di­gend as die erns van die klag­te en die on­der­wy­ser se skul­dig­be­vin­ding in ag ge­neem word.

“Geen skool, of dit nou ’n o­pen­ba­re of ’n pri­va­te skool is, mag ’n ge­drags­ko­de hê wat die land se Grond­wet oor­tree nie.

“Ons gee ras­sis­te nie ruim­te om a­sem te haal nie om­dat nie­ras­sig­heid on­on­der­han­del­baar is,” het Le­su­fi ge­sê.

Fo­to: FACEBOOK

Plak­ka­te bui­te St. John’s Col­le­ge waar­op pro­tes aan­ge­te­ken is teen ’n on­der­wy­ser wat skul­dig be­vind is aan ras­sis­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.